Regskenner

Opspoor van aktes uit vorige eeue

Vraag

Waar en hoe kan die kaart en transport van eiendomme uit die 17de, 18de en 19de eeue opgespoor word? Watter inligting word benodig en kan mens dit kombineer met bv. 'n boedel? Ek doen navorsing oor my voorsate en hoe om hulle "spoor" te volg vanaf die Kaap de Goede Hoop.

Antwoord

Vandat grond die eerste keer aan kopers toegeken is, is sodanige toekennings in die aktekantoor in die gebied waar die grond geleë is, opgeteken. Die aktes van toekenning is oor die algemeen ‘n “Deed of Grant” genoem.

U kan ‘n soektog in die betrokke aktekantoor loods deur middel van ‘n soektog met die persoon se naam of ‘n soektog oor die grond self. Dit kan ‘n lang en ingewikkelde soektog afgee, want eiendomme en veral plase is dikwels verskeie keer verder onderverdeel, maar met volharding kan u die inligting opspoor.

Indien u die dienste bekom van ‘n persoon wat bedrewe is met die opspoor van daardie inligting kan dit u baie tyd spaar. Dit is ook bekend dat inligting dikwels uit die bronne van ‘n plaaslike argief  verkry  kan word. U sal waarskynlik kontak met die betrokke aktekantore en argiewe moet maak om volledige inligting te bekom.

* Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.
20 Februarie 2018


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X