Regskenner

Oordragkoste aan eggenoot

Vraag

My moeder was in gemeenskap getroud. Moet die huis oordra in haar naam nou na vader oorlede is. Geen kontant beskikbaar in boedel nie. Gelukkig ook geen skuld nie. Huis is R800 duisend werd. Wat behoort die koste te wees om boedel af te handel ? Baie dankie.

Antwoord

Ingevolge die huwelik in gemeenskap, is u moeder reeds die eienares van een halwe onverdeelde aandeel in die eiendom. Indien u vader sy een halwe onverdeelde aandeel aan haar bemaak het in die testament, moet daardie aandeel  in haar naam oorgedra word. Die eksekuteur volg die voorskrifte van die testament en handel met die huis soos daarin vermeld, omdat dit een halwe onverdeelde aandeel behels, beloop die oordragskoste ook 50% – in hierdie geval plus minus R8 500,00

* Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.

20 Julie 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X