Regskenner

Ontwikkeling op landbougrond

Vraag

Plotte rondom ons word opgekoop, veral langs die naby geleë spruit en sommige plotte wat wel genoegsame water het ook. Ons verneem van die verkopers dat dit vir ontwikkeling is en opgedeel gaan word in 400m2 erwe. Op die einde van die dag soos 'n tipe gemeenskap met klinieke, ens. Soos dinge nou staan, is krag en water reeds 'n probleem in ons omgewing. Alhoewel ons landbougrond het, val ons onder die plaaslike munisipaliteit, wat aan ons krag voorsien en ons is self verantwoordelik vir riool en water. Ons plaaslike munisipaliteit dra geen kennis van dit nie omdat dit 'n persoon/ontwikkelaar van ander dorp is, ons vermoed hulle wil eers al die beskikbare grond aankoop voor hulle hulle intensies met die grond wil bekend maak aan die munisipaliteit. Nie almal, soos ons, wil verkoop nie en wil ook nie graag ons omgewing benadeel met die tipe van ontwikkeling nie. Ons weet jy kan verkoop aan wie jy wil, maar is nie oortuig dat dit 'n goeie vooruitsig vir ons of ons omgewing gaan wees nie. Ons vrae is dus: Mag dit gedoen word (onderverdeling), kan ons dit (ontwikkeling) teen staan en hoe?

Antwoord

Onderverdeling van grond is ʼn ingewikkelde en langdurige proses wat talle goedkeurings vereis, soos in u provinsie se wetgewing uiteengesit. Alle naasliggende grondeienaars kry die geleentheid om hul insette te lewer en ook beswaar teen ʼn oorgenome ontwikkeling in te dien. Besware moet egter op realistiese tekortkomings gebaseer wees en mens kan nie beswaar aanteken slegs omdat jy nie van ‘n toekomstige ontwikkeling hou nie. Daadwerklike probleme moet in besware aangespreek  word: Soos vermeld, word verskeie goedkeurings vereis, soos deur die departmente van waterwese , natuurbewaring, paaie-owerhede en talle ander. So, dis geen proses wat oornag afgehandel kan word nie. U kan die stadsbeplanner by u munisipaliteit besoek wat u alle inligting oor ʼn moontlike onderverdeling kan verskaf. U sal beslis die geleentheid kry om besware aan te teken. U gaan per geregistreerde pos in kennis gestel word van ‘n aansoek om onderverdeling en in hierdie kennisgewing gaan die prosedure om besware aan te teken, uiteengesit word.

* Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.

20 Julie 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X