Regskenner

Onderverdeling van grond

Vraag

Hoe kan mens ‘n stuk van ‘n plaas koop by die boer? Met die nuwe wette klink dit ontmoontlik, so kan mens ‘n aandeel koop in sy plaas sonder om by die skuld en goed betrokke te raak?

Antwoord

Landbougrond (‘n plaas) kan slegs onderverdeel word as die Minister skriftelik sy/haar toestemming (permit) daarvoor gee. ‘n Landmeter teken ‘n skets van die stuk grond wat die koper wil koop en gaan deur al die prosesse om die betrokke minister se toestemming daarvoor te kry. Wanneer die minister die permit uitreik, kan die koper nou die stuk grond by die eienaar koop. Die stuk wat oorbly, moet ‘n ekonomiese landbou-eenheid agterlaat , anders sal die minister nie die goedkeuring verleen nie.

Landbougrond mag nie aan meer as een eienaar behoort nie, dus kan mens nie ‘n belang of aandeel by die eienaar koop nie. Jy kan wel, indien die grond in die naam van ‘n regspersoon (maatskappy/BK) geregistreer is, ‘n aandeel of belang in die maatskappy of BK koop.

* Geskryf deur Butch van Blerk butch@billtolken.co.za

7 Oktober 2011


Kommentaar

Een kommentaar op “Onderverdeling van grond

  1. Joey Combrinck
    Joey Combrinck

    Hoe nou gemaak as 4 kinders ‘n kleinhoewe erf – lanbou grond.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X