Regskenner

My honde gaan kuier op buurplaas

Vraag

Ons bly op 'n stuk grond met wild heinings. Die grond is egter baie sanderig en ystervarke grou gedurig onder heinings deur. Ons honde raak soms avontuurlustig en kruip dan onder heining deur na buurman se grond. Buurman het glad nie heinings maar dreig nou om ons honde te skiet indien hulle weer in sy grond kom. Ek wil net byvoeg dat hulle hom nog nooit enige skade berokken het nie. Het hy die reg om ons honde te skiet?

Antwoord

Net soos met u beeste , skape en wild, is dit ook u plig om die verantwoordelikheid te aanvaar om u honde op u eiendom te hou en te verhoed dat hul op ander se eiendom betree. Tensy ‘n buurman u honde goed ken en aanvaar dat hul nie skadelik teenoor hom, sy eiendom en sy diere sal optree nie, mag u dit gelukkig tref dat hy hul nie van kant maak nie. Indien die buurman nie met u honde bekend is nie, mag hy aanvaar dat die honde potensiële gevaar vir hom en sy eiendom (diere ensovoorts) inhou en kan hy die honde van kant maak en u sal baie moeilik met enige eis teen hom slaag. Daar was in ʼn stadium regulasies in plek dat ‘n eienaar rondloperhonde op sy eiendom van kant mag maak.

Die onus rus absoluut op u as eienaar om honde op u perseel te hou en nie toe te laat dat hul ʼn ander se eiendom betree nie. Indien ‘n eienaar versuim om hierdie verpligting na te kom, mag ‘n ander eienaar vermoed dat die honde dalk sy wild, skape, ens., mag byt of teen draadheinings jaag wat die diere ernstig kan beseer. In só ʼn geval sal ‘n ander persoon genoodsaak voel om die honde van kant te maak.

* Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.

27 September 2016


Kommentaar

Een kommentaar op “My honde gaan kuier op buurplaas

  1. Maarten Kruger
    Maarten Kruger

    Ek hoop net nie hy loop sy baas en soek nie.
    Het die buurman ‘n mooi vrou.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X