Regskenner

Lewensreg op gedeelte van eiendom

Vraag

Agtergrond: Pa oorlede. 1 Broer erf 'n kleinhoewe waarin die testament bepaal dat die 2e broer (erfgenaam2 ): "lewensreg sal he vir solank my seun (erfgenaam 1) die eienaar van die eiendom (kleinhoewe) sal wees." Erfgenaam 2 erf 'n eiendom in die dorp. 'n Addendum tot die testament bepaal verder: "Dit is my uitdruklike wens dat die 2 vaste eiendomme aan my 2 seuns nagelaat/bemaak word nie verkoop mag word sonder beide 2 seuns se ooreenstemming, oorleg en goedkeuring nie. En dat die kapitale opbrengs met die verkoop van die eiendom tussen die 2 seuns verdeel sal word. Dit is my wens dat my seun (erfgenaam 2) lewensreg sal he op die eiendom (kleinhoewe) en aldaar inwonend sal wees solank my seun (erfgenaam 1) die eienaar van die eiendom sal wees." Die prokureur wat hierdie saak namens die 2 erfgename behartig het die 'n brief met die volgende aan: Directorate Land Use and Soil Management gestuur: Application for consent to register a servitude of lifelong right of residence over the ground flour of the main house servitute area in extent in favour of 1 brother while the other brother inherits the property. Motivation for application is to finalize estate of their late father. Please note that the Personal Servitude will automatically lapse and fall away upon the death of the Servitude Holder. Met registrasie van die serwituut het ek egter die volgende vrae: 1. Na efgenaam 1 (ek) se afsterwe wat sal efgenaam 2 (servituut eienaar) se regte wees? 2. Sal die langslewende (my vrou - nuwe eienaar indien ek tot sterwe kom) erfgenaam 2 se toestemming nodig he om die eiendom te verkoop en moet daar dan ook winsdeling plaasvind as sy die nuwe eienaar is? 3. Sal erfgenaam 2 se servituut reg nog van krag wees indien erfgenaam 1 (ek) tot sterwe kom en my vrou erf die eiendom (die testament se: solank as wat my seun, erfgenaam 1, die eienaar is)? 4. Kan erfgenaam 2 die servituut reg aan iemand bemaak in sy testament? 5. Indien erfgenaam 1 (ek) tot sterwe kom en sy vrou besluit om die eiendom te verkoop is die servituut reg nog steeds van krag en hoe gaan dit die verkoop / nuwe eienaars beinvloed? U dringende antwoord sal waardeer word aangesien hierdie aangeleentheid op die punt is om gefinaliseer te word. Die serwituut reg is egter nooit aan my in detail verduidelik nie. Die herverdelingsooreenkoms meld egter nerens van die servituut-registrasie nie en is ek deur die prokureur geadviseer dat dit die enigste oplossing tot lewensreg is om 'n servituut te registreer. Die effek van 'n servituut oor die eiendom is nie deur die prokureur aan my verduidelik nie. Op 14 Oktober 2011 het die prokureur egter ontwykend op my vrae geantwoord soos hierbo genoem. Kan hierdie servituut registrasie op my aandrang gekanselleer word aangesien dit nog nie geregistreer is nie maar wel gestuur/ gepos is aan die betrokke instansies. Baie dankie

Antwoord

As die kleinhoewe nie verkoop word en die opbrengs verdeel word nie, geld die tweede broer se “lewensreg” vir solank hy leef.
Erfgenaam 2 se toestemming sal wel benodig word vir die verkoop van die kleinhoewe en die opbrengs verdeel word.
‘n “Lewensreg” is wat dit sê en dit is van krag en geld vir die lewensduur van erfgenaam 2.
‘n “Lewensreg” is ‘n persoonlike reg/serwituut en kleef aan daardie persoon se identiteit en kan nie bemaak word nie.
Die lewensreg bly van krag en die eiendom kan nie verkoop word sonder die 2de erfgenaam se toestemming nie.

Geskryf deur Butch van Blerk, ‘n regsgeleerde. butch@billtolken.co.za

19 Oktober 2011


Kommentaar

Kommentaar (9) “Lewensreg op gedeelte van eiendom

  1. jane
    jane

    Hoe word die waarde in rand en sent bepaal van lewensreg.

  2. johan
    johan

    sit met dieselfde probleem

  3. Ronel
    Ronel

    mag die erfgenaam van ‘n huis (stiefdogter) die weduwee voorse wie haar mag besoek en in die huis
    saam met haar woon? dame woon alleen na afsterwe van man en stiefdogter weier dat eie kinders haar mag besoek of seun by haar mag woon

  4. butch
    butch

    Die waarde in rand en sent van ‘n lewensreg word bereken aan die hand van ‘n formule uiteengesit in Bylae F van die Regulasies tot die Boedelbelastingwet, waar die verwagte lewensduur en die teenswoordige waarde van R1 per jaar, vir die persoon se lewensduur, gekapitaliseer teen 12 persent oor die persoon se verwagte lewensduur gebruik word om die waarde van die lewensreg te bereken.
    Die weduwee het die reg om die eiendom saam met haar gesin en bediendes bewoon en kan selfs die huis verhuur. Sy mag egter nie ‘n vreemdeling gratis in die eiendom laat woon nie. Die erfgenaam/stiefdogter kan nie weier dat haar eie kinders haar besoek of dat die seun by haar woon nie

  5. Marisa Kruger
    Marisa Kruger

    Ek wil graag weet is Lewensreg op ‘n eiendom net op die huis wat bewoon word deur die vorige eienaar of is dit op die hele erf. Daar word nie uiteengesit in die titelakte wat deel van die verblyfreg is nie net die erf nr word genoem

    Baie dankie

    • Jan Bezuidenhout

      “n Lewensreg op ‘n eiendom”, soos u dit hier stel , behoort baie duidelik omskryf te word , sodat onderskei kan word tussen ‘n vruggebruik of ‘n woonreg (habitatio). “n Woonreg (habitatio) is die reg wat verleen word aan iemand om ‘n eiendom te bewoon, saam met sy gesinslede en sy huisbediendes. Dit gee ook aan die begunstigde die reg om die huis, of enige gedeelte daarvan te verhuur. Dit verleen egter nie die reg om dit gratis vir bewoning aan ‘n vreemdeling beskikbaar te stel nie . Die reg eindig met die dood van die begunstigde, maar dit eindig nie wanneer die verlener van die reg te sterwe kom nie. Dis belangrik om te besef dat ‘n woonreg slegs betrekking het op die reg om ‘n eiendom/huis te bewoon.

      “n Vruggebruik het betrekking op die gebruik van die hele eiendom en om die “vrugte daarvan te geniet”. – Dit geld meestal by plase waar ‘n vruggebruik dikwels aan ‘n langslewende eggenoot verleen word, byvoorbeeld om met ‘n boerdery op die hele plaas voort te gaan , of dit te verhuur aan ‘n huurder.

      U beskrywing van “n lewensreg op ‘n eiendom “, soos uit voorgaande blyk , is baie vaag en mens moet amper raai wat daarmee bedoel word. Die moontlike betekenis daarvan , soos u dit hierbo uiteensit, dui daarop dat waarskynlik daarmee ‘n bewoningsreg of habitatio bedoel word. Soos gemeld , moet hierdie konsepte duidelik en op hul name genoem word om alle twyfel uit die weg te ruim.

  6. Tina
    Tina

    As a moeder haar plaas vir kind 1 los maar wil graag vir kinders 2,3,4, en 5 wooning lewinsreg gee op die 2 huise. Moet die kinders2,3,4 en 5 enige belasting betaal. Het kind 1 die reg om daar in die huis te woon verniet. Kan Kinders 2,3,4 en5 die twee huise uit huur?

    • Jan Bezuidenhout

      As ons eers na die konsepte van lewensreg en woonreg ten opsigte van ‘n woonhuis op ʼn plaas kyk, is daar ‘n paar regsbeginsels wat ons in gedagte moet hou. Die beginsel wat gewoonlik van toepassing op ʼn plaas, is ʼn vruggebruik ten gunste van iemand wat nie die eienaar van die plaas is nie. Dikwels bemaak ʼn man sy plaas aan sy seun, en dra dit op die naam van sy seun oor, maar doen dit onderhewig daaraan dat sy langslewende vrou ʼn vruggebruik vir die res van haar lewe oor die plaas sal geniet. Sy is dan geregtig daarop om die boerdery tot haar dood te bedryf. Haar vruggebruik is egter oor die hele plaas en nie slegs ten opsigte van ʼn woonhuis soos woonregte en gebruiksregte wat normaalweg oor ‘n huis wat in n dorp geleë is, aan iemand verleen word nie.

      Vir n woonreg ten opsigte van ʼn huis op ʼn plaas om geldig te wees, moet ʼn landmeter ʼn kaart van die huis opstel wat dan in die Registrasie van Akteskantoor geregistreer moet word om geldig te wees. Dit kan nie gedoen word, nie want dit sou ingevolge die Wet op Onderverdeling van Langbougrond op ʼn onwettige onderverdeling neerkom en dus kan so ‘n woonreg oor die huis nie in die Aktekantoor geregistreer word nie.
      Indien iemand ʼn vruggebruik oor die hele plaas geniet (baie keer ʼn ma), kan sy huurgeld van die seun vorder om in die huis te woon. ‘n Houer van ʼn vruggebruik oor ʼn plaas, kan ook die hele plaas aan ʼn huurder verhuur.

      * Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.

      23 Oktober 2016

  7. salome
    salome

    Ek en my man het saam met sy ouers n 7 ha plot gekoop. Die plek, asook die uitstaande bank verband wat ons op die plek het, is op al vier van ons se name geriggestreer. my man betaal maandeliks die verband. Nou na twee jaar het ons verhouding met sy ouers versuur, en dreig hulle om helle helfde aan n ander familie lid agter te laat. dis vir ons n probleem aangesien die plek net een huis op het wat ons reeds deel. proporsie gewys benut ek en my man 25% van die grond rerwyl die ander deel le en verwaarloos. Blote self en hebsug die oorsaak. ek en my man het n prokureur genader, wat n oreenkoms opgestel het terwyl ons al 4 eienaars saam om n tafel gesit het. na die tyd het ouers bloot geweier om die ooreenkoms te teken, en ons het dit maar laat staan aangesien ons finansies ons bietjie geknyp het en ons nie verder die betrokke prokureur kon bekostig nie. Nou is my vraag wat ek wil vra, wat staan ons nou te doen? moet ons n likwidasie oorweeg? Gewillig verkoop is ongelukkig uit aangesien hulle nie instem daartoe nie. Om ons deel te verkoop sal ook maar sukkel, want niemand sal wil inkoop in so situasie nie…my man is al 46 en om na n likwidasie weer oo te staan en nuwe eiendom te bekom is vir ons n bekommernis… Kan ons ouers se testament enigsens n likwidasie in die toekoms verhoed? Ons is regtig in n baie slegte situasie.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X