Regskenner

Lewensreg op eiendom?

Vraag

Wat beteken om dit: Tot die effek dat sy geregtig is om oor gemelde eiendom te beskik asof sy formele transport op haar naam verkry het. Is dit lewensreg op eiendom?

Antwoord

Nee dis nie lewensreg wat hier ter sprake is  nie – die bewoording is deel van  Artikel 45 bis van die Registrasie van Akteswet. Art 45 bis bepaal dat waar eggenote in gemeenskap van goed getroud was, en een van die eggenote kom te sterwe, word die oorledene se een halwe onverdeelde aandeel aan die langslewende eggenoot oorgedra in terme van artikel 45 bis van die akteswet by wyse van ʼn endossement wat op die transportakte aangebring word en nie by wyse van ʼn normale proses van oordrag nie. Die rede vir die uitsondering/endossement is omdat die langslewende eggenoot reeds ingevolge die bestaande transportakte die eienaar van een halwe onverdeelde aandeel is. Dan endosseer die aktekantoor slegs die bestaande transportakte tot die effek dat die langslewende eggenoot nou volle die eienaar van die eiendom is sonder dat ʼn normale proses van oordrag plaasgevind het. Dt het  die uitwerking het dat sy nou die eienares van die eiendom is, sof sy formele transport van die eiendom op haar naam ontvang het .

* Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.

11 Augustus 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X