Regskenner

Jou wild op buurman se plaas – is dit nou syne?

Vraag

Wat se die wet? As my wilde diere, bv 3 kameelperde die grensdraad breek (die 1e dag van aflewering)en op die buurman se grond wei, (wat 19 kameelperde besit) kan hy hul as syne eis? Hoe kry ons dit terug, terwyl hy onbeskof is en eis dat die wet se dis nou syne. Baie dankie!

Antwoord

Die gemenereg bepaal dat wilde diere aan niemand behoort nie (res nullius), behalwe as dit gevang word en onder ‘n eienaar se beheer gehou word. Die Hoër Hof in Pietermaritzburg het beslis dat wilde diere (wild) op ‘n wildsplaas, omhein met wildsheining, die eiendom van die eienaar daarvan is. Die Appèlhof het in 2009 hierdie beginsel bevestig. U bly gevolglik die eienaar van die 3 kameelperde en het die reg om die diere te laat vang en terug te bring.

U sal dalk ‘n prokureur moet aanstel om u met dié proses te help, behalwe as die wildvanger in u omgewing dit self met die buurman kan reël. Die reg bepaal beslis nie dat die diere nou sy eiendom is nie.. Groete

* Geskryf deur Butch van Blerk, regsgeleerde. (butch@billtolken.co.za)

23 September 2011


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X