Regskenner

Huurders verdwyn sonder om te betaal

Vraag

Eiendom word via 'n eiendomsagent uitverhuur. Huurders het versuim om die huur te betaal vir Oktober 2017. Huur en elektrisiteitsrekening agterstallig. Huurders is gekontak en daar is deur die agentskap ooreengekom dat hulle 'n dubbele paaiement einde November 2017 sal betaal. Huurders het die eiendom teen 1 Desember 2017 ontruim sonder enige betaling. Daar is in die kontrak verskaf deur agentskap 'n klousule wat aanspraak maak op meubels van die huurder indien hul versuim om te betaal. Die huurders het egter ontruim voor die agent in kennis gestel is. Wat is die verhuurder se regte in die verband?

Antwoord

Die verwysing na die aanspraak op die  huurder se meubels,  word in regstaal na verwys as die verhuurder se hipoteek. Dit beteken dat alle roerende goed in die eiendom wat verhuur word onderhewig is aan die verhuurder se hipoteek. Indien huurgelde nie betaal word nie, kan die huurder daarvoor gedagvaar word. Met die betekening van die dagvaarding op die huurder maak die balju ‘n lys van die huurder se roerende goed binne die eiendom.

Die goedere wat op die lys verskyn is dan onderhewig aan beslaglegging en die verhuurder se hipoteek. Die goedere mag nie deur die huurder  uit die eiendom verwyder word voordat die huurgeld nie ten volle betaal is nie. Indien ‘n dagvaarding vir uitstaande huurgelde nog nie deur die hof uitgereik is en op die huurder beteken is nie , is die verhuurder se hipoteek nog nie in werking nie.

Indien die huurder voordat hy ‘n dagvaarding ontvang die goedere uit die eiendom verwyder, verval die verhuurder se hipoteek en het die verhuurder slegs ‘n normale siviele aksie teen die huurder vir die uitstaande huurgelde.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X