Regskenner

Huiseienaar verantwoordelik vir inwoner-optredes

Vraag

Ek woon aangrensend aan nege Transnet-huise. Hier is drie persone wat huurkontrakte het maar die res van die huise word onwettig bewoon. Transnet voorsien nie water of rioolverwydering nie. Die munisipaliteit bring so nou en dan 5000l water daarheen, intussen leef die mense van staatstoelae en diefstal vanaf die treine en omliggende boere en 'n sjibeen en dagga-handel. Die riool word enige plek in die veld uitgegooi. Hierdie aangeleentheid was al baie die laaste vyf jaar onder Transnet-behuising se aandag gebring, maar hulle steur hulle glad nie daaraan nie. Die polisie tree nie op nie want die eienaar kla nie. My vraag is: Is die eienaar verantwoordelik vir die misdaad wat hierdie inwoners pleeg? Diere loop op paaie en op ander eienaars se grond, 'n vrou het perd gestamp die skade was R90 000. Die bome word afgekap en die heinnings venietig.

Antwoord

Die eienaar sal nie verantwoordelik wees vir  misdaad deur die inwoners gepleeg  waarby hyself  nie as medepligtige betrek word of betrokke is nie.

Die eienaar het egter ‘n verpligting teenoor die res van die gemeenskap dat die gebruikers van sy eiendom nie skade  vir die gemeenskap veroorsaak nie en indien die eienaar nalatig in die verband  sou versuim, mag daar eise vir skadevergoeding teen die eienaar volg –  byvoorbeeld vir verliese vir veediefstal, bome afkap, heinings beskadig, voertuie beskadig, ensovoorts.

Wat betref onwettige of kriminele aktiwiteite op die eiendom behoort inwoners kriminele klagtes by die SAPD aanhangig te maak en moet daarop aandring dat vervolging toegepas word.

Onwettige storting van riool in die area is ‘n aangeleentheid waaraan die gesondheidsdepartement van die Munisipaliteit aandag moet gee en ‘’n oplossing daarvoor vind.

Indien geen sukses op plaaslike vlak bereik word nie, moet dit by die Provinsiale Regering gerapporteer word vir ondersoek , aangesien dit ootredings ingevolge die NEMA-wetgewing daarstel.

Geantwoord deur Butch van Blerk (butch@billtolken.co.za).

14 September 2011


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X