Regskenner

Hereregte vir testamentêre trust?

Vraag

Goeie middag, Is daar hereregte betaalbaar wanneer 'n huis aan 'n testamentêre trust bemaak word?

Antwoord

Testamentêre bemakings is ingevolge die bepalings van art 9 (1) (e) van die Wet op Hereregte vrygestel van die betaling van enige hereregte. Dit is selfs die geval waar daar geen testament  bestaan het nie en die erfenis intestaat vererf. Wanneer ‘n eiendom dus aan ‘n testamentêre trust oorgedra word, word die transportakte van die eiendom aldus geëndosseer om die oordrag aan die trust aan te dui, en geen hereregte is betaalbaar nie.

* Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.

14 September 2016


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X