Regskenner

Eienaarskap van werkershuise op landbougrond

Vraag

Ek wil graag nuwe werkershuise oprig op 'n gedeelte van my plaas en op 'n manier eienaarskap van die huise aan die werkers gee. My bedoeling is dat die werkers self ook gedeeltelik moet bydra tot die oprigting van die geboue (arbeid en/of materiaal). Elkeen moet egter dan sekerheid van verblyf kry en moet sy deel wat hy bygedra het (plus kapitaalgroei) kan "verkoop" as hy bedank of aftree. Is dit moontlik om so 'n ooreenkoms met 'n werker aan te gaan sonder om dalk self beheer oor die grond te verloor?

Antwoord

Dis  moontlik om so ‘n ooreenkoms met ‘n werker te sluit.  U sal egter nie die eienaarskap van ‘n eiendom aan ‘n werker kan oordra nie, tensy die grond waarop die gebou staan aan die werker oorgedra word nie. Daarvoor sal dit nodig wees on die betrokke gedeelte van u grond af te sny, wat ‘n onderverdeling ingevolge die Wet op Onderverdeling van Landbougrond sal behels en waarvoor die Minister van Grondsake ‘n permit sal moet uitreik.

U kan u plaaslike landmeter kontak om so ‘n moontlikheid met hom te bespreek. Die eenvoudigste sal egter wees om ‘n erf op die naaste dorp te koop en ‘n woonhuis daar op te rig word wat alle probleme wat  landbougrond meebring sal verhoed en die doelstellings wat u beoog sal bereik.

Die onderverdeling van landbougrond vir watter doel ook al, is geen maklike proses.

*Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.
19 Februarie 2018


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X