Regskenner

Direkteur bring nie sy kant van ooreenkoms

Vraag

Ons was vier mense wat 'n maatskappy gestig het met gelyke aandeel op staatsgrond. Intussen het een direkteur sy skape verkoop. Die ander direkteur het afgesterf en die ander twee het sy skape oorgekoop. Die ooreenkoms was dat elkeen 50 skape belê. Die persoon wat sy skape verkoop het, wil nou terugkom met 10 skape wat hy by ons wil koop. Hy belowe die afgelope twee jaar op elke vergadering dat hy sy skape sal terugbring, maar dit gebeur nie. Wat staan ons te doen in hierdie verband?

Antwoord

Soos u aandui het julle reg aan die begin ‘n ooreenkoms gesluit toe julle met die proses begin het. So ‘n ooreenkoms lê sekere onderlinge regte en verpligtinge aan mekaar op.

Volgens wat u aandui, het een aandeelhouer sy 50 skape  verkoop, sy geld geneem en die groep verlaat. Hy wil egter nou weer toetree. Hy wil  dus weer van voor begin.

As die ooreenkoms nog dieselfde is, sal hy nou verplig wees om weer met sy 50 skape tot die groep toe te tree, en saam met die huidige twee aandeelhouers die  maandelikse uitgawes van die maatskappy te dra ten opsigte van huurgeld, aankoop van voer, veeartsenyprodukte en alle bedryfskoste.

Afhangende van die bepalings van die ooreenkoms sal hy dan ook geregtig wees op dividende as aandeelhouer, indien die maatskappy inkomste verdien.

* Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.
1 November 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X