Regskenner

Verkope onderhewig aan kontraktereg

Vraag

Ek het drie maande gelede dragtige Bonsmara-verse verkoop. Ek het 'n persoon gebruik wat nie 'n veearts is nie om die skandering te doen. Die persoon wat die beeste gekoop het, kontak my nou ná drie maande en sê van die verse is nie dragtig nie. Tot my wete was hulle dragtig toe ek hulle verkoop het. Is dit moontlik dat die verse kon aborteer as gevolg van stres of 'n siektetoestand? Kan ek aanspreeklik gehou word omdat van die verse nie nou dragtig is nie?

Antwoord

Die verkoop van diere in ‘n geval soos hierdie is onderhewig aan die gewone beginsels van die kontraktereg  – beide partye moet presteer ingevolge  wat hulle ooreengekom het.

Indien u dragtige verse aangebied het en die koper na aanleiding daarvan ooreengekom het om vir dragtige verse te betaal, is u verplig om dragtige verse aan hom te lewer.

Indien julle ooreenkoms van so ‘n aard was, is u gebind aan u onderneming. Indien u aanspreeklkheid wou beperk , sou u byvoorbeeld met hom ooreen kon kom dat sover u kennnis strek die verse dragtig is, maar dat u geen waarborg daaromtrent kan voorsien nie.

U sou uself dan teen moontlike nie-dragtigheid beskerm, maar dit moes dan spesifiek deel van die ooreenkoms gewees het. In ‘n geval soos waar ‘n gedeelte van die verse nie dragtig is nie, sal die koper op prysvermindering staat kan maak.

Indien u van mening is dat van die verse kon aborteer, weens watter omstandighede ook al, sal u dit moet bewys met behulp van ‘n veearts om sodoende aan te dui dat dit nie as gevolg van wanvoorstelling aan u kant gebeur het nie.

* Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.

16 Mei 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X