Regskenner

Die verdeling van eiendom ná ‘n egskeiding

Vraag

'n Man het 'n oorspronklike verband met 'n bank (die titelakte is op sy naam), is getroud en neem 'n tweede verband uit op sy naam, asook sy vrou se naam. Beide teken by die bank. Die man verloor sy werk en verdien geen inkomste. Intussen is die paartjie geskei. Hulle was binne gemeenskap van goedere getroud. Die bank hou die Vrou aanspreeklik vir maandelikse verband. Die man het nie die vrou uitbetaal volgens die egskeidingsbevel nie. Die vrou trek terug na die huis en betaal 'n verminderde premie soos gereël met bank. Die titelakte is egter net op die man se naam geregistreer. Is dit reg so?

Antwoord

Wanneer partye binne gemeenskap van goedere getroud is, behoort die eiendom aan elkeen van hulle in een onverdeelde halwe aandeel elk.  Wanneer hulle skei, word ‘n ooreenkoms normaalweg deur ‘n prokureur opgestel waarin besluit word wie die eiendom gaan kry.

Die ander party se een halwe onverdeelde aandeel in die eiendom  moet dan aan die een wat daarop geregtig is, soos ooreengekom in die skikkingsooreenkoms,  se naam oorgedra word. Indien dit in hierdie geval nog nie gedoen was nie, moet die partye ‘n prokureur besoek wat so ‘n ooreenkoms moet opstel tot die effek dat die man se een halwe onverdeelde aandeel in die naam van die vrou oorgedra kan word.

Dit behels nie ‘n volle oordragsproses  nie, maar slegs die oordrag van een halwe onverdeelde aandeel by wyse van’ n endossement  ingevolge artikel 45 van die Registrasie van Akteswet.

* Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.
18 Oktober 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X