Regskenner

Behoort grensdraad aan my én my buurman?

Vraag

My buurman het na my gekom en beweer die helfte van ons grensdraad is syne en die ander helfte is my draad. Nou hy het in 'sy helfte' nuwe drade gespan. My gedeelte se drade is nog vrot. Sy beeste klim nou hier oor wei op my grond. Ek het wel 'n enkelkragdraad gespan om my beeste in my grond te hou. Bestaan so iets soos 'my helfte, jou helfte'?

Antwoord

Onder geen omstandighede maak die Omheiningswet voorsiening vir “jou helfte” en “my helfte”  nie – die wet bepaal dat aangrensende eienaars gelykop aanspreeklik  vir die instandhouding of oprigting van ‘n grensdraad is.

Dus word die koste van elke sentimeter vir die instandhouding asook oprigting van ‘n grensdraad tussen die aangrensende eienaars gedeel.

* Geskryf deur Butch van Blerk, direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.
19 Februarie 2018


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X