Regskenner

Vra 'n vraag Indeks van antwoorde

BUTCH VAN BLERK

Mnr. Butch van Blerk praktiseer as prokureur en transportbesorger. Hy dien in kommissies van die Departement van Justisie, die Vereniging van Prokureursordes en die Kaapse Wetsgenootskap.

  • Hoe gemaak om ‘n openbare pad privaat verklaar te kry?

    Ons het 'n ondergeskikte pad wat deur ons plaas loop tot by die buurman agter ons se plaas. Hierdie pad is vir meer as 30 jaar nie gediens deur enige distriksmunisipaliteit nie. Slegs die buurman het van tyd tot tyd hierdie pad gebruik. Daar is niemand wat op sy plaas woonagtig is nie so die pad is selde deur hom gebruik. Die pad is deels so erg deur die jare verspoel dat slegs hoë 4x4 voertuie dit kan gebruik. Verjaar…
    • Wat gebeur met die woonhuis na ‘n egskeiding?

      Ek en my voormalige eggenoot is 4 jaar gelede geskei maar die eiendom (huis) is op beide van ons se name. Ons het daardie tyd 'n skriftelike ooreenkoms aangegaan dat hy eers in die huis sal aanbly tot ons twee dogters uit die huis is. Albei het intussen uitgetrek en is self-onderhoudend. Ek betaal tans huur (R4 500) vir 'n 1 slaapkamer woonstel maar kry finansieel swaar. Hy betaal geen huur vir die gebruik van die huis nie en sy…
      • Tameletjie met gedeelde eienaarskap op een erf

        My vrou is drie jaar gelede oorlede. Die boedel bereddering het 'n bedrag van R130.000 beloop, wat ek nie op daardie stadium gehad het nie. My huis met 'n woonstel op die erf sou verkoop word vir die uitstaande bedrag. My vriendin op daardie stadium het aangebied om haar huis te verkoop en die woonstel in my erf by my te koop vir die uitstaande boedel bedrag. Dit het toe so gebeur en 'n brief is by 'n prokureur geteken…
        • Hoe gemaak wanneer ‘n natuurreservaat nie hul heinings in stand hou nie?

          Die eienaar van die reservaat (Cape Nature) Namakwaland aangrensend aan my gee my kopsere! Hulle wil nie aanspreeklikheid aanvaar vir jakkalse en rooikatte wat van hul grond af deur kruip en my skape vang nie. Hulle is tans besig om 'n heining te vervang, maar die standaard van werk en optrede van die kontrakteur maak dit onmoontlik om te boer. Die nuwe heining is in 'n swakker toestand as die oue. Dis nie stewig nie, dit is nie met klip…
          • Opspoor van aktes uit vorige eeue

            Waar en hoe kan die kaart en transport van eiendomme uit die 17de, 18de en 19de eeue opgespoor word? Watter inligting word benodig en kan mens dit kombineer met bv. 'n boedel? Ek doen navorsing oor my voorsate en hoe om hulle "spoor" te volg vanaf die Kaap de Goede Hoop.
            • Regte rakende eiendomsooreenkoms tussen familie

              Ek en my man het met ons eie geld 'n eenslaapkamerwoonstel op my seun se erf gebou. Ons het ook maandeliks huurgeld betaal. Hy het die plek verkoop en ons net R140 000 uitbetaal. Wat is ons regte om meer geld te kry vir die woonstel?
              • Woonreg geld vir hele eiendom

                My man het sy ouerhuis geërf maar sy suster het woonreg van die groot woonhuis. Wie is verantwoordelik vir die maandelikse versekeringspremie, munisipale skuld (wat sy vir drie jaar nie betaal het nie en met R8000 agterstallig is). Wie is verantwoordelik vir instandhouding van die woning want dit word nie onderhou nie? Mag sy suster huurders in neem? Sy het die motorhuis sonder my man se medewete verhuur.
                • Behoort grensdraad aan my én my buurman?

                  My buurman het na my gekom en beweer die helfte van ons grensdraad is syne en die ander helfte is my draad. Nou hy het in 'sy helfte' nuwe drade gespan. My gedeelte se drade is nog vrot. Sy beeste klim nou hier oor wei op my grond. Ek het wel 'n enkelkragdraad gespan om my beeste in my grond te hou. Bestaan so iets soos 'my helfte, jou helfte'?
                  • Eienaarskap van werkershuise op landbougrond

                    Ek wil graag nuwe werkershuise oprig op 'n gedeelte van my plaas en op 'n manier eienaarskap van die huise aan die werkers gee. My bedoeling is dat die werkers self ook gedeeltelik moet bydra tot die oprigting van die geboue (arbeid en/of materiaal). Elkeen moet egter dan sekerheid van verblyf kry en moet sy deel wat hy bygedra het (plus kapitaalgroei) kan "verkoop" as hy bedank of aftree. Is dit moontlik om so 'n ooreenkoms met 'n werker aan…
                    • Bestuur van bates binne ‘n BK

                      Ek boer vanuit 'n BK, en is die enigste lid. Ek boer nou maar eers vir vier jaar, so die BK is afhanklik van lede-bydraes uit my persoonlike rekening voor ek enige uitgawes kan aangaan. Indien die BK 'n voertuig of implement koop, moet dit dan geregistreer word op die BK se naam of kan ek dit in my persoonlike naam registreer, as die enigste lid?

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X