Onkruid

Rooi Sesbania neem oor: Help!

Vraag

Ons bly op 'n plaas buitekant Polokwane, Limpopo. Die afgelope 3 jaar sukkel ons met die Rooi Sesbania wat al hoe meer die weiding op die plaas begin oor neem. Ons het vele navraag probeer doen en het toe 'n inligting dokument gekry by Prof, Franci Jordaan van die Dept van Landbou. Die inligting dokument verduidelik dat ons die volgende beheeragense moet gebruik: - Die blomvretende kalander (Trichapion lativentre) - Die saadvretende kalander (Rhyssomatus marginatus) - Die stamborende kalarnder (Neodiplogrammus quadrivittatus) Die vraag is waar kry ons van hierdie bogenoemde beheeragense in die hande. Groete Hans von Houwald

Antwoord

Die nodige inligting kan by dr Hildegard Klein, Plantbeskerming Navorsinginstituut, LNR, Rietondale (Pretoria), verkry word, of sy sal weet wie binne die instituut daarmee gemoeid is — epos adres: kleinh@arc.agric.za.

* Geskryf deur . Charlie Reinhardt, buitengewone professor in onkruidwetenskap, Universiteit van Pretoria, en dekaan van die Villa Academy.


Kommentaar

Een kommentaar op “Rooi Sesbania neem oor: Help!

  1. David Krynauw Snr
    David Krynauw Snr

    Ek stel voor jy los die goggas! Triclopyr behoort die werk te doen. Die ou Garlon of chemies: Butoxyl Ethyl Ester sal nie die weiding skroei nie. Ek is ten volle ten gunste van BEE! en dit werk met struikagtige onkruid en veral met brame hier by my. Dit sal die ander nie-gras goed ook klap. Nie Lantana nie – dit is ‘n ander storie. Dit word in Amerika met welslae in weidings gebruik. Natuurlik moet die plante lekker groei voor jy spuit en ons sal saam moet wag vir REEN! Die sade van die plant is nogal indrukwekkend en opvolg behandeling sal gedoen moet word. Sterkte.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X