Onkruid

Vra 'n vraag

Charlie Reinhardt

Dr. Charlie Reinhardt is ʼn kenner op die gebied van onkruide, uitheemse indringerplante, probleemplante, onkruiddoders, dekgewasse en ander plante vir onkruidbeheer en hy gee raad oor metodes om onkruid te bestry. Dr. Reinhardt is dekaan van die Villa Akademie. http://www.villaacademy.co.za/

  • Lantana is indringerplant van formaat!

    Ons het onlangs 'n plaas gekoop in die Limpopo-provinsie op die Springbokvlakte. Daar is redelik baie Lantana wat uitgeroei moet word. Die Lantana kom veral voor teen en onder bome wat ons nie wil beskadig nie. Indien die Lantana uitgehaal word en daar bly wortels oor in die grond, sal die plant weer begin groei? En dan sal ek graag verneem watter chemiese middels kan gebruik word vir die Lantana wat nie ander bome ook sal doodmaak nie.
    • Oplossings vir vaalbos en sekelbos

      Ons boer tans op Groblersdal met wild en het ‘n groot probleem met Vaalbos en in mindere mate sekelbos. Ons gebruik twee tegnieke om die vaalbos te verwyder. Die eerste tegniek is om met ‘n TLB die bome om te stoot en dan die bome op ‘n hoop te stoot. Die tegniek is die vinnigste en goedkoopste maar het ‘n groot impak op die veld onder. Die tweede tegniek is om die bome deur werkers af te laat saag en…
      • Wildedissel bedreig weiveld in Oos-Kaap

        Ongeveer 60% van ons grond in die Oos-Kaap het "Valley Bushveld"-veldtipe. Die oorblywende 40% is oorwegend grasveld. Die bossie kom meestal in die grasveld voor, met hier en daar 'n paar tussen die bosse waar die gras na die "Valley Bushveld"-bosse oorgaan. Daar was voorheen met boerbokke op die plaas geboer en die bossie het heeltemal oorgeneem daar waar die meeste beweiding plaasgevind het. Dit het egter nou ook verder versprei en is besig om basies die hele grasveld oor…
        • Maak denksprong oor rol, impak van inheemse “veldverdigterplante”

          Vee- en wildboerdery het in meeste gevalle te kampe met “uitheemse indringerplante” en/of “inheemse verdigterplante” wat weidingskapasiteit kan verlaag.
          • Rooi Sesbania neem oor: Help!

            Ons bly op 'n plaas buitekant Polokwane, Limpopo. Die afgelope 3 jaar sukkel ons met die Rooi Sesbania wat al hoe meer die weiding op die plaas begin oor neem. Ons het vele navraag probeer doen en het toe 'n inligting dokument gekry by Prof, Franci Jordaan van die Dept van Landbou. Die inligting dokument verduidelik dat ons die volgende beheeragense moet gebruik: - Die blomvretende kalander (Trichapion lativentre) - Die saadvretende kalander (Rhyssomatus marginatus) - Die stamborende kalarnder (Neodiplogrammus…
            • Sand-olien wat oormatig verdig in Potgietersrus-distrik

              Ek woon in die omgewing van Potgietersrus. Op my plaas is daar bosse van 'n struik. Niemand kan my help met die naam nie. Dit brand maklik , selfs as dit groen is. Die struik is ongeveer 2.3 na 3 meter hoog, het 'n gladde stam met die nuwe takke maar die ou stam is baie geriffel en lyk of die bas wil afval. Die blare is lank, ongeveer 50 mm by 3 mm in middel, skraal met trosse bessies,…
              • Beheer van ‘tongblaar’ in weidingmengsels

                Ons boer in die Suid-Kaap. Aangeplante weidings is in April 2014 gevestig nadat lande met Glifosaat gespuit en skoon gewerk is. 2 sooste meerjarige raaigras ( Bealy + Bronsyn) saam met 3 soorte klawers( Rooi, wit en Woogenellop) geplant. Eerste jaar weidings uitstkend. Nou egter verdring tongblaar ( Plantago LanceoPlata?) die raaigras en mindere mate geelblom gousblom. Reeds met plaaslike chemikalieë kenners gepraat maar hulle sê dit is langtermyn probleem. MCPA sal klawers doodmaak. Ook 24 DB probeer - swak…
                • Wil van indringerplante ontslae raak

                  Geagte Dr. Ek het 'n stuk grond aangeskaf, maar ongelukkig met oorbeweiding en swak bestuur bestaan daar tans baie indringerplante, wat ek nou van ontslae wil raak. Ek kan ongelukkig nie 'n foto stuur op hierdie metode nie. Die eerste plant is wat (ek dink) bekend staan as 'n "Bankrot Aalwyn". Dit is 'n klein aalwynplantjie met vaalgrys stingels wat uit die kroon groei met rooi\oranje trompetvormige blomme. Die ander plant is wat (ek dink) bekend staan as 'n "Katbos…
                  • Henbit in koringland

                    Ek het 'n probleem met Henbit (Lamium amplexicaule) in koring wat ek vir weiding gebruik. Dit is veral in die wintermaande dat dit met die koring meeding. Watter onkruiddoder kan ek gebruik of enige ander metode? Ek het ook Rescue-grass wat in my pas geplante lusern sy verskynsel maak. Waarmee spuit ek dit? Dankie, Tony. (Barkly-Oos).
                    • Eragrostis plana is aanduiding van oorbeweiding

                      Ek het ’n plaas net anderkant Bronkhorstspruit. Van die kampe is vol taaipolle. Die skape en beeste eet al die gras rondom die polle. Ek is nie ’n kenner van gras nie maar ek dink nie ’n boer wil dit in sy kampe hê nie. Wat is die vinnigste en goedkoopste manier om van die polle ontslae te raak. gfmans@global.co.za

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X