Onkruid

Gewasse bekamp dalk self onkruide en droogte

Vraag

Watter nuwe ontwikkeling is daar tans op die gebied van gewasverbouing?

Antwoord

Landbouchemiese maatskappye werk hard om gewasse te skep wat meer droogtebestand is en wat hul eie toksiene kan produseer in die stryd teen onkruide wat met landbougewasse om kosbare water meeding, sê prof. Charlie Reinhardt van die Universiteit van Pretoria.

Landboustreke wat deur droogte geteister word, kan maklik oesverliese van 50% of meer ervaar. Daarom is dit vir saadmaatskappye belangrik om gewasse te ontwikkel wat watertekorte kan weerstaan sonder om produktiwiteit in te boet. Hierdie benadering is ’n uiters belangrike ontwikkeling in die bevordering van die landbou in die 21ste eeu.
Ongeag hoe goed die tegnologiese hulpmiddels (soos biotegnologiese saad) tot ons beskikking ook al is, bly dit belangrik om te weet hoe plante waterstremming ontwyk of beheer. Met dié kennis kan strategieë dan ontwikkel word wat gewasproduktiwiteit en die oorlewing van gewasproduksie kan verseker te midde van ál minder beskikbare water. Gelukkig word baie navorsing reeds oor gewasverbetering gedoen.
Kennelik kan daar in die landbou nie net op biotegnologie gesteun word nie en moet ondersteunende praktyke en bestuur steeds van hoë gehalte en doeltreffend wees.
Vir die volledige artikel lees onderstaande pdf’s.
Hierdie artikel het in die Landbouweekblad van 24 Februarie 2012 verskyn.
Geskryf deur: Prof. Charlie Reinhardt(buitengewone professor in onkruidwetenskap by die department plantproduksie en grondkunde aan die Universiteit van Pretoria)

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X