Onkruid

Vra 'n vraag

Charlie Reinhardt

Dr. Charlie Reinhardt is ʼn kenner op die gebied van onkruide, uitheemse indringerplante, probleemplante, onkruiddoders, dekgewasse en ander plante vir onkruidbeheer en hy gee raad oor metodes om onkruid te bestry. Dr. Reinhardt is dekaan van die Villa Akademie. http://www.villaacademy.co.za/

  • Indringer plante op Hoeveld

    Aan wie kan ek n foto stuur oor indringe plante op hoeveld? Die indringer is die laaste jaar op gemerk en selfs nou in wnietr yk dit nog grener maar groei net so bossie hoogte Groete
    • Wil driedoring uit te roei, maar . . .

      'n Plaas in Petrusville distrik het 'n klompie driedoring bosse, sowat 4 hektaar. Wat is die doeltrefendste metode om dit uit te roei? Baie dankie Gielie
      • Bloudissel tussen meerjarige weiding

        Ons het April vanjaar 'n meerjarige weiding mengsel aangeplant wat bestaan uit meerjarige Raaigras, Rooi en Wit klawers, Lankswengras en Kropaargras. Hierdie weiding is egter oorgeneem deur wat ons noem Bloudissels of Argemone ochroleuca (Mexican Poppy). Die land was baie goed deurgewerk voor aanplanting en min dissels het voorheen daar gestaan, die land is egter nou helemal oorgeneem. Om die bloudissels fisies te gaan verwyder is nie 'n opsie nie omdat daar net te veel is. Is daar 'n gifstof…
        • Beheer van kweekgras is groot uitdaging

          Kweekgras skaad weiding- en gewasplante deur kompetisie en die afskeiding van plant-skadelike chemikalieë. 'n Onkruidkenner verduidelik.
          • Probleme met onkruid op wildsplaas

            Ons het onlangs 'n klein wildsplaas gekoop en wil graag die weiding begin verbeter. Tans is ons besig om op grootskaal onkruid soos oliebolle, lantana, ens. uit te roei, maar dit neem baie tyd en mannekrag. Enige raad? Ook wil ons die weiding van soetgrasse verbeter. Ons is in die Maanhaarrand/Magliesburg-omgewing. Help asseblief . U raad sal baie waardeer word.
            • Gousiekte plantvergiftiging by herkouers: Verskeie inheemse plantsoorte span saam!

              “Ek het ‘n plant op my eiendom geïdentifiseer wat skielike vrekte onder Damara skape en boerbokke, wat ek nuut aangekoop het, veroorsaak het. Aanvanklik is bloednier as oorsaak gediagnoseer, maar ‘n ander opinie het gousiekte as oorsaak aangedui. Ek kry die plant nie dood met ‘n glifosaat-bevattende onkruiddoderproduk nie”.
              • Onkruid in my spinasieland

                Ek wil weet ek het om en by n hektaar spinasie - Eks sukkel vreeslik met gras en andre onkruid tussen die plante - Is daar iets op die mark wat ek kan spuit wat sal help met die problem - Maar nie die spinasie sal beinvloed nie
                • Beheer van satansbos

                  Ek woon op 'n kleinhoewe net buite Bloemfontein. Die satansbos begin al hoe meer raak. Ek behandel dit met Roundup, maar dit lyk nie of die plante werklik vrek nie. Het gesien hulle praat van 'n kewer wat die plant se blare en bas vreet. Waar kan ek dit bekom? Is daar ander maniere om die probleemplant uit te wis?
                  • Beheer van oliebome in lusern

                    Is daar middels wat geregistreer is vir die beheer van oliebome in lusern?
                    • Lantana is indringerplant van formaat!

                      Ons het onlangs 'n plaas gekoop in die Limpopo-provinsie op die Springbokvlakte. Daar is redelik baie Lantana wat uitgeroei moet word. Die Lantana kom veral voor teen en onder bome wat ons nie wil beskadig nie. Indien die Lantana uitgehaal word en daar bly wortels oor in die grond, sal die plant weer begin groei? En dan sal ek graag verneem watter chemiese middels kan gebruik word vir die Lantana wat nie ander bome ook sal doodmaak nie.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X