Grond Guru

Wildehawer in lusern

Vraag

Ek besproei 2 hektaar lusern onder sprinkelbesproeiing en weens die droogte het ek dit straf bewei in Jan/Feb. Dit is nou vol wildehawer. Kan dit weens die beweiding wees? Waarmee kan ek die wildehawer en ander onkruid chemies beheer in die lusern. U terugvoering sal waardeer word. Norman

Antwoord

Die wildehawer in jou lusern kan van twee bronne af kom, naamlik van besmette voer wat die beeste gevoer was tydens, of net vóór die wei op die lusern, of die saad was al klaar in die grond met die plant van die lusern. Wildehawer-saad kan vir baie jare “rustend” in die grond bly lê (is dormant), tot kondisies reg is vir ontkieming. Met die strawwe beweiding van die lusern, is sy kompetisievermoë verminder, en die wildehawersaad kon ontkiem. Wildehawer in lusern kan met die meeste na-opkoms grasdoders beheer word, bv. Gallant Super teen 500 ml/ha met ʼn 28 dae wagperiode tussen toediening en wei. Die wildehawer plante moet liefs voor blom gespuit word.

Kleiner gras- en breëblaaronkruide kan met ʼn onkruiddoder soos Cysure beheer word. Dit sal baie klein wildehawer plante beheer teen ʼn dosis van 1.2 liter/ha. Cysure beheer ook baie ander breëblaar en gras onkruide, maar soos genoem, moet hulle nog klein wees – gemiddeld 2-4 blaar stadium. Omdat Cysure gevoelig is vir soute in die spuitwater, moet 2% Imiboost eerstens by die water gevoeg word, voor Cysure in die spuitwater gevoeg word. Na toediening, moet daar 22 dae gewag word voor beweiding of sny van die lusern.

Cysure en Gallant Super kan nie saam gespuit word nie. As albei produkte gebruik gaan word, spuit eerste die Gallant Super, wag 7-10 dae, dan die Cysure.

Nulandis-agente bemark albei van die produkte.

* Geskryf deur Anthonie Botes (abotes@nulandis.comwww.nulandis.com

29 November 2016


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X