Grond Guru

Watter middel vir onkruid in Russiese gras?

Vraag

Ek het 'n hoewe net buite Bloemfontein en het in my geploegde land Russiese gras geplant vir voer om 'n paar skape aan te hou. Ek sukkel baie met onkruid wat tussen die gras opkom. Die gras is nog nie gevestig nie en ek spandeer te veel tyd om dit skoon te maak. Is daar enigiets wat ek kan spuit om te help met die beheer van die onkruit in die veld?

Antwoord

Ek hanteer graag u navraag:
Daar is onkruiddoders geregistreer wat op selektiewe wyse onkruid in aangeplante grasweidings kan beheer – die beperking in meeste gevalle is dat daardie onkruiddoders alleenlik breëblaaronkruide in die grasweiding beheer, en nie gras- en uintjie-onkruide nie.

My kennis oor die betrokke “Russiese” grasweiding is beperk……ek herinner my dit het redelik onlangs eers in SA aangekom? Ek sal by ‘n weidingkunde kollega kers opsteek oor die gras self. Belangrik in geval van ‘n “nuwe” gras is dat dit onwaarskynlik is dat daar onkruiddoders spesifiek daarop geregistreer is.

Gewilde onkruiddoders vir beheer van breëblaaronkruide in grasweidings en grasperke is: 2,4-D; MCPA; dikamba. Let Wel: hulle kan grasse beskadig, veral op ‘n jong groeistadium – daarom beveel ek aan dat hulle NIE ongetoets op “Russiese” gras gebruik word nie.

Ek raai aan dat u navraag doen by plaaslike verskaffers van bogenoemde drie onkruiddoders…..ek is nie seker of die volgende maatskappye wel die produkte bemark nie, maar name wat by my opkom is: Technichem, Nulandis, Wenkem, ens.

Ek hoop hierdie kan nuttige inligting wees.

Vriendelike groete

dr. Charlie Reinhardt


Kommentaar

Kommentaar (5) “Watter middel vir onkruid in Russiese gras?

  1. Kjell
    Kjell

    Hallo

    Hormoban Tm 420sL van Dowagrosciences sal werk.
    ‘n Oplosbare konsentraat onkruiddoder vir die beheer
    van breëblaaronkruide, soos aangetoon, in grasvelde,
    grasperke, grasweidings en nywerheidsgebiede.

    In europa gebruik ek Bofix en hy werk baaie goed.

    Groet

    Kjell

  2. J.N.Boltman
    J.N.Boltman

    Ek verneem van Len Coetzee, Augsburg Lanbouskool dat verhoogde plantdigtheid(350mmx350mm) goeie beheer van onkruide in Russiese gras gee. U kan hom skakel by 0828867439
    Groete
    Buks

  3. Manies
    Manies

    Dagse. Ek oorweeg om so 3ha Russiese gras aan te plant, maar weet nog te min daarvan. Kan ek my skape op Russiese gras laat wei? Kan ek dit sny en baal? En hoe gereeld? hoe lank is die lewensduur daarvan?

  4. Naomi van der watt
    Naomi van der watt

    Ek het 3ha russiesegras gevestig . Weet self nie veel daarvan af nie maar groei vrek vinnig.
    Ek het dit uitmekaar geplant dat ek kan skoffel. As ek my skape uithaal as hy kaal gevreet is
    Sien jy die volgende oggend nuwe groei. In 4 dae is hul al 4cm uitgegroei. Ek het hulle sommer onder druppers geplant. Ek gaan my eerste plantjies feb 2016 begun verkoop. Hulle se dit groei vir 20 jaar maar

    Hul is nog nie 20 jaar in suid afrika nie so ons sal maar moeg kyk
    Maar groei winter en sommer ewe goed. Ek het 55 ooie op n ha nou. En geen probleme nie.

  5. Blikkies Blignaut
    Blikkies Blignaut

    Ek het vier jaar gelede slegs 250 ejkel plantjies gekoop en geplant. Intussen al meer as 4500 stiggies uitgeplant van die oorspronklike plante af. Geen bemesting slegs water. Word gereeld bewei. Kry bietjie swaar in baie warm tye. Ek bly in De Aar,noord kaap
    blikkiesgj@webmail.co.za


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X