Grond Guru

Watter gewasse aard in swart turfgrond?

Vraag

Tiaan van der Merwe vra: Ek bly op ’n kleinhoewe. Die grondtipe hier is swart turf. Watter tipe gewasse kan mens in swart turfgrond plant? Is dit gewasse wat mens in tonnels kan plant soos tamaties?

Antwoord

Ek neem aan die swart turfgrond waarna jy verwys swel as dit nat is? En wanneer dit nat is, is dit baie taai? As dit droog is vorm dit breë krake/barste in die grond? Die gronde is gewoonlik baie vrugbaar. Die swart kleur is as gevolg van hoë organiese inhoud. Enige gewasse doen goed op dié grond mits jy dit gereeld nat maak. Jy moet dus oor besproeiing beskik of in ’n hoë reënval area boer. Tamaties in tonnels behoort te werk. Maak seker dat jy die besproeiingskedule so aanpas dat die grond altyd redelik nat of klam gehou word.

Ek sal tensiometers aanbeveel of een of ander wyse waarop jy die grondwaterinhoud gereeld kan bepaal. Sterkte met die onderneming.

*Geskryf deur dr. Eduard Hoffman, voorsitter: Grondkunde, Universiteit Stellenbosch.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X