Grond Guru

Voeding vir skape, plus grondontleding

Vraag

Hi, ek is 'n kleinboer wat op 10 hektaar boer (Swartland-distrik, Wes-Kaap), het 'n paar boerbokke en skape wat direk op die veld loop en geen kos gevoer word nie. Ek het nou lusernsaad gekoop om te plant vir die diere, wil dit so plant dat ek self oes en wegsit vir wanneer hulle dit nodig het. Die grond is baie sanderig (soos seesand) en is nog virgin grond, was nog nooit voorheen geplant nie.Wat is my beste manier om te plant en moet ek enige byvullings in die grond sit om seker te maak dat die lusern wel 'n sukses sal wees? Ek wil so ver moontlik plant soos wat 'n mens 'n groentetuin sou maak, met langwerpige beddings waarom jy sal kan loop om self met n sekel te kan sny, het nie trekker en baler masjien nie, dankie vir die raad.

Antwoord

Lusern kan in die herfs of lente gevestig word. Indien grondgedraagte siektes ‘n probleem is, word dit aanbeveel om in die herfs te vestig, eerder as in die lente.

Voor u sou plant sou ek aanbeveel om eers ‘n verteenwoordigende grondmonster te neem (sien aangeheg). Daar sal waarskynlik tekorte wees in die ‘virgin’ grond wat regstellings noodsaak, maar sonder ‘n grondontledingsverslag kan mens nie seker wees nie.

Grond vir ontleding kan na Elsenburg se laboratorium gestuur word vir ‘n standaardontleding plus swael en spoorelemente. (Sien aanhangsel hieronder.)

Wanneer u die verslag ontvang het, stuur gerus vir my om te interpreteer sodat die grond reggestel kan word vir lusern.

* Geskryf deur dr. Pieter Swanepoel, dosent in Agronomie, Universiteit Stellenbosch. pieterswanepoel@sun.ac.za

22 Junie 2017


Kommentaar

Een kommentaar op “Voeding vir skape, plus grondontleding

  1. Dawie Krynauw
    Dawie Krynauw

    My beskeie raad vir die dag. My oorlede boesemvriend Louis se mentor het genoem dat daar slegs 50 dae per jaar is wat jy nie lusern kan plant nie en dit dan die 50 Sondae! Begin deur die kamp toe te span. Die diere sal dit ruik en uitbreek en kan vrek van te veel vars lusern. Gebruik ‘n draad soos bv. Veldspan met 300mm vertikale drade. Die 150mm een is duurder en sterker maar die bokke sit vas en ek moes gister 7 bokkies gaan uitsny in ‘n stukkie 12m verkeerde draad uit ‘n 400m draadlyn! Sandgrond ken ek nie maar ek reken jy kan 2 tot 3 ton dolomietese kalk met een ton gips gooi. Lusern is ‘n boongewas en vrek oor kalsium. Boor sal ook baie help en boorsuur teen maksimum van 13kg/Ha kan jy vooraf inwerk. Dit los moeilik op maar kan met Glifosaat (Roundup) gemeng word as jy die onkruid en veral grasse eers wil uitroei. Jy sal nou moet twee weke wag on te werk. 500 gram per 15l rugsakspuit in warm water opgelos saam met 250 ml Glifosaat. Fosfaat in die vorm van MAP verkieslik met sink is noodsaaklik. Mik vir ten minste 35Kg P per hektaar. 082 668 1440


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X