Grond Guru

Verbetering van sanderige grond se drakrag

Vraag

Ek het 'n plaas in die Stilbaai-omgewing gekoop. Dit is duineveld en ek wil die drakrag verbeter. Grondmonsters moet nog geneem word maar watter gras of mengsel van grassaad kan suksesvol in die sand gesaai word?

Antwoord

Die Stilbaai-omgewing se sanderige gronde is uitdagend en reënval sporadies en min. Om eerlik te wees, dink ek nie eintlik daar is opsies om die veld te verbeter onder droëland nie – daar behoort smaaklike bossies natuurlik te groei, soos wolfdoring, wat deur die skape benut word, en verder kweekgras (Nelmarie Saayman sal dalk meer inligting oor die veld kan gee, kontak haar by NelmarieS@elsenburg.com).

Ek het al in Wes-Australie gesien hulle vestig seradella in skoon sande, maar ek is nie seker of dit daar sal werk nie, veral nie onder droëland nie. Ek dink dit is veiliger as ek verder verwys na Jaco Kellerman by Barenbrug-saad( jkellerman@barenbrugsa.co.za), en eerder nie self ‘n aanbeveling maak nie.

* Geskryf deur dr. Pieter Swanepoel, Departement Agronomies, Universiteit van Stellenbosch.

18 September 20§7


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X