Grond Guru

Pitvorming by mielies

Vraag

Hallo Eduart. Ons het saam by Kovsies studeer en een van my kliente het die volgende vraag : Watter elemente in die grond kan nadelige gevolge he vir pitvorming by mielies indien hulle in wanbalans is? Een sekere blok op sy plaas het verlede seisoen omtrent net 20% bestuif en ongeveer 4 ton laer opbrengs gegee. Sal dit waardeer indien jy kan help. Baie Groete Coetzee de Jager

Antwoord

Die swak saadvulling kan aan ’n reeks van faktore toegeskryf word. Indien dit gedurende die blomstadium van die mielies vir verskeie dae gereën het, vind swak bestuiwing plaas. Indien die grond baie nat was (lae grondtemperature moontlik) was die wortels onaktief en vind swak opname van voedingstowwe plaas.

Onder dié toestande word daar dan ook swak Kalium opgeneem. Kalium is om goeie saadvorming te verseker. Indien die grond se watertafel naby aan die oppervlakte was, semi-versuip-toestande, dan is voedingstof-opname swak en dikwels is dit uitgeloog wat dan tot swak opbrengste aanleiding gee.

Coetzee, dit is ongelukkig die beste antwoord wat ek jou met die feite tot my beskikking kan gee.

Groetnis,

Eduard Hoffman, Voorsitter: Departement Grondkunde
(Grondkunde: die wetenskap wat landbouproduksie beïnvloed)
E-Pos: ehoffman@sun.ac.za


Kommentaar

Kommentaar (3) “Pitvorming by mielies

  1. David Krynauw
    David Krynauw

    Swak saadvulling kan voorkom a.g.v.’n kopertekort veral in koue toestande en in grond met baie organies materiaal en ook as gevolg van te veel stikstof. My mielies se koppies is gewoonlik mooi vol tot op die punt en ek dien die koper toe met oorhoofse besproeiing. Dit is wel giftig en het die blare (saam met sinksulfaat) effens geskroei maar terselftertyd die swamme laat wyk! Die biologiese manne stel voor jy gooi 11kg/Ha kopersulfaat per seisoen wat die grondinhoud met 0,6 dpm sal verhoog om sodoende na die vlak van 2 tot 10 dele per miljoen te streef.

  2. Coetzee de Jager
    Coetzee de Jager

    Baie dankie vir die terugvoer.
    Ek maak die afleiding dat die swak bestuiwing nie noodwendig wanvoeding of verkeerde konsentrasies elemente in die grond was nie, maar eerder natuurlike oorsake wat dan al hierdie probleme veroorsaak het.

  3. Coetzee de Jager
    Coetzee de Jager

    Baie dankie vir die terugvoer.
    Ek maak die afleiding dat die swak bestuiwing nie noodwendig wanvoeding of verkeerde konsentrasies elemente in die grond was nie, maar eerder natuurlike oorsake wat dan al hierdie probleme veroorsaak het.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X