Grond Guru

Vra 'n vraag Lees asb. hier voordat jy jou vraag opstel

Grond Guru

Dr. Eduard Hoffman is hoof van die departement grondkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy is die sameroeper van 'n span wat vrae oor hierdie onderwerp beantwoord.

  • Sinktekort in grond – hoe nou?

    Wanneer 'n grondontleding toon dat 2,3 - 4,7 mg/kg Zn teenwoordig is op 'n sanderige grond met pH van 6,6 wat is die korrekte wyse om die probleem aan te spreek? Dadelik blaarvoeding om tydelik tekort aan te spreek of die aanbevole ZnSO4 toe te dien deur drup? Hoe effektief is ZnSO4? Hoe effektief is normale blaarvoeding of word grondregstelling van Boor en Sink aanbeveel?
    • Aard granaatbome in brak grond?

      Ek wil graag granaatbome kweek en self daarvan plant ook. Ons grond en water is egter baie brak en hard. Het jy enige raad asb?
      • Gelykmaak van landerye

        My lande is baie ongelyk en veroorsaak dat baie versuipkolle en spoelskade voorkom ten tye van baie reën. Die lande is deur Landboutegnies uitgemeet en gekontoer. Ek wil graag weet wat is die koste-doeltgreffende manier om die lande gelyk te maak?
        • Verdubbel oeste op waterwerende gronde

          Kan geenbewerking en stoppelretensie oesopbrengste op sanderige grond verbeter?
          • Kalium en stygende watertafel

            Bultfontein omgewing se K waardes is 15% + en ons bemes nou reeds 'n hele aantal jare nie Kalium nie. Die opbrengste is werklikwaar baie naby aan waarvoor ons bemes het, gegewe die tyd en hoeveelheid reën wat ons kry. Party jare beter en ander jare weer net onder. Die verskynsel wat ek opmerk is dat die K-vlakke in die grond heelwat styg, so ook die ondergrondse watertafel. Is daar verband met die twee? Geen fonteine of damme in die…
            • Watter soort bemesting?

              Watter soort bemesting is beter vir jou grond en watter moet jy probeer vermy of minder van gebruik? Dit is nou om jou pH en grong mikrobes op te pas.
              • Chemiese samestelling van goeie grond

                Hoe lyk die chemiese samestelling van 'n goed geballanseerde grond? Makro en Mikro elemente! Dankie Henk du Plessis
                • Deklaagbewerking is beste vir vog

                  Watter bewerkingsmetode is die mees geskikste vir landerye met ’n watertafel?
                  • Pitvorming by mielies

                    Hallo Eduart. Ons het saam by Kovsies studeer en een van my kliente het die volgende vraag : Watter elemente in die grond kan nadelige gevolge he vir pitvorming by mielies indien hulle in wanbalans is? Een sekere blok op sy plaas het verlede seisoen omtrent net 20% bestuif en ongeveer 4 ton laer opbrengs gegee. Sal dit waardeer indien jy kan help. Baie Groete Coetzee de Jager

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X