Grond Guru

My witstinkhoutboom het wit luise. Hoe kan ek dit behandel?

Vraag

Ek het raad nodig. Ons witstinkhoutboom het baie groot wit luise op. Die eienaar het gif ( klein korreltjies) gegee wat ek al om die boom gestrooi het. Ek het dit goed natgemaak, maar dit lyk asof die luise net meer word. Ek is raadop, help asb.

Antwoord

Hi Hessy

Jammer om te hoor van die plaag.

Ek hoor by van my vriende in Standerton dat dit daar by hulle ook ’n groot probleem is die jaar. Ek dink nie dit is witluis nie, maar wel ’n witvlieg wat waarskynlik op sitrus voorkom. Om so ’n groot boom te spuit met chemikalieë gaan baie moeilik wees. Daar is chemiese middels met die aktiewe bestandeel imidachloprid wat wel deur die plant se wortels opgeneem word, as die insek daarop voed vrek hulle gewoonlik. Herfs is hier, dit gaan maak dat die blare van die boom gaan val en die insekte gou sonder voedsel gaan wees en dus dan vanself gaan vrek of wegtrek.

*Geantwoord deur Lourens de Jager, tegniese adviseur van Nulandis


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X