Grond Guru

Landboukalk of voerkraalkalk?

Vraag

Ek het by my plaaslike koöperasie navraag gedoen vir landboukalk. Hulle het egter net voerkraalkalk en sê dit kan ook in die tuin gebruik word. Is daar ‘n verskil?

Antwoord

Voerkalk en Kalsitiese kalk het dieselfde samestelling – voerkalk is net baie meer suiwer en het ook ʼn hoër Ca-inhoud. Voerkalk word spesifiek vir die betrokke diere waarvoor dit gebruik word, soos hoenders en beeste, tot ʼn spesifieke fynheid gemaal. Kalsitiese of landboukalk word fyner gemaal om vinniger in die grond te reageer. Die growwe kalk los baie stadig in grond op en het dus ʼn laer reaktiwiteit. Die reaksie op die grond se pH is vinniger ná ʼn toediening van fynkalk as growwe kalk. Growwer kalk neem self etlike jare om in die grond in oplossing te gaan.

Die beste is maar om die regte tipe kalk vir die spesifieke aanwending waarvoor dit ontwikkel is, te gebruik.

* Geskryf deur dr. Eduard Hoffman, voorsitter van die departement grondkunde, Universiteit van Stellenbosch.

28 Augustus 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X