Grond Guru

Kan ek spanspekke onder besproeiing plant?

Vraag

’n Leser vra: Ek is in die distrik Musina. Kan ek spanspekke onder spilpunt punt en gaan daar ’n probleem wees met vlekke op vrugte op nat grond?

Antwoord

Die plant van spanspekke onder spilpunt of oorhoofse besproeiing word nie aanbeveel nie. Die groot rede hiervoor is dat spanspekke baie sensitief is vir blaarsiektes, veral donsige skimmel en proeieragte meeldou. Spanspekblare wat nat is, (as gevolg van oorhoofse besproeiing) sal swam siektes bevorder en ‘n geskikte omgewing vir die swamme skep om te leef en oorleef. Wat die vrug betref, spanspek is baie sensitief vir fusarium, wat deur nat toestande op die grond geaktiveer en vererger kan word.

Meeste boere in die noordelike dele van Suid-Afrika plant spanspek onder drip besproeiing. Die gebruik van ‘n laag swart plastiek bo-op die rye sal die volgende voordele bied:

Die vrugte bly skoon indien dit op die plastiek lê terwyl die drip besproeiing keer dat die grond buite die plastiek area nat is. Gevolglik kan vrugte bemark word sonder die die moeite om dit te was. Dít kan veral op rooi kleigronde ’n probleem wees. Die plastiek help ook met die onderdrukking van onkruid.

Die ander voordeel is die besparing van besproeiingswater as gevolg van die verdamping van water wat beperk word. Die algemene praktyk is om 1m bree plastiek bo-op die walle te sit nadat die dripperlyn aangelê is. Die wydte van die strook in die ry is dan ongeveer 700mm, die res van die plastiek aan die kante word onder die grond ingedruk.

*Renette Harmse is ’n tegniese adviseur by Nulandis


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X