Grond Guru

Jong wingerd met lusern kombineer, of nie?

Vraag

Ek woon in Steytlerville en het nou wingerd gevestig. Ek gebruik drupbesproeiing en het gewonder of ek lusern onder my boord kan plant en of ek dalk n fout gaan maak.

Antwoord

Dit gaan moeilik wees om die lusern te vestig met die drupperlyn by die wingerd. As u die dripperlyn kan skuif gedurende die winter om die lusern gevestig te kry, kan dit moontlik werk. Onthou dat die lusern met die wingerd vir water gaan kompeteer en al die wingerd se water gebruik. Aanvanklik gaan die lusern as dekgewas tussen die wingerdrye werk, maar weens die kompetisie gaan die lusern die wingerd later doodgroei. Dr. Johan Fourie van die LNR-Nietvoorbij het oor baie jare navorsing op dekgewasse by wingerd gedoen. Kontak die instituut om van die inligting te bekom.

Private Bag X5026
STELLENBOSCH
7599
Tel: +27 (0)21 809 3100
Fax: +27 (0)21 809 3400

My kort antwoord is, dat dit nie oor die langtermyn suksesvol sal wees nie.

* Geskryf deur dr. Eduard Hoffman, voorsitter: Grondkunde, Universiteit Stellenbosch.

29 Junie 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X