Grond Guru

Hoe kan mens uitgeputte tuingrond behandel?

Vraag

Ek wil graag weet wat ek in my tuingrond kan inwerk om weer bietjie lewe te kry. Ons is geleë in Bethal Mpumalanga. Dit is sanderige grond, hou geen water nie terwyl plante nie groei soos dit moet nie. Hier is baie natuurlike fonteine in ons omgewing en op plekke kry ons grond wat amper ñ riviersand tekstuur het. Groete Michelle

Antwoord

Hi Michelle

Ons kan niks doen aan die fisiese grond samestelling nie, maar ons kan so paar metodes toepas om dit meer vrugbaar te maak.

Die grond waarna jy verwys kom gewoonlik “dood”  voor, dit wil lyk asof niks daarin wil groei nie. Sekere sanderige grond loog baie vinniger water en voedingstowwe uit, ander versuip weer maklik. Dit word meestal bepaal deur die diepte van die grond of waar daar ’n keer laag in die grond voorkom. Sand grond is geneig om vinnig agteruit te gaan as gveolg van die lae katioon uitruilbaarheid-kapasiteit (KUK). Grond gaan vinniger agteruit as gevolg van wanbalanse van katione, asook grond suurheid en pH vlakke. Indien moontlik, moet ‘n grondmonster ingestuur  word  na ‘n grondlaboratorium waar dit nagegaan kan word, sodat goeie inligting gekry kan word om die grond reg te stel.

Daar moet nou gepoog word om die grond status reg te stel: Begin deur om landboukalk in die grond in te werk, dan om fosfate en kalium toe te dien in die grond.

Die groot uitdaging om lewe in die grond terug te kry gaan wees om organiese materiaal in die grond te kan kry. Kompos moet in die grond ingewerk word en ‘n deklaag moet gevestig word sodat koolstof opgebou kan word. As ons dit kan reg kry, kan die grond biologie geaktiveer word om al die voordelige organismes terug te kry, wat die grond meer vrugbaar maak.

*Geantwoord deur Lourens de Jager, tegniese adviseur by Nulandis


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X