Grond Guru

Hoe gemaak met een jaar oue suurlemoenbome wat wil vrek?

Vraag

Ons het 10 Genoa suurlemoenbome geplant in Heidelberg, Gauteng. Met die winter op hande het die blare opgekrul en dood. Ons het die boompies bedek met beskerming, maar dit lyk nie of dit gehelp het nie. Sal ons die boompies kan red en hoe?

Antwoord

Inspekteer die lote waarvan die blare doodgeryp het. As dit nog groen is met `n dooie punt, snoei die dooie punt af. Seel die snoeiwond met ’n geskikte middel wat u by ’n kwekery kan koop. Die boompies behoort weer in die lente uit te loop. Moet nie bome oormatig nat maak nie, aangesien die boompie dan gaan versuip. Grawe ’n gat naby die wortels om seker te maak dat daar nie vrywater in die grond is en die boompies se blare daarom verkleur en afgeval het nie. Indien vrywater binne 60cm van die oppervlak af voorkom, grawe ’n dreineersloot om die oortollige water weg te lei.

*Geskryf deur dr. Eduard Hoffman, voorsitter: Grondkunde, Universiteit Stellenbosch.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X