Grond Guru

Eragrostis plana is aanduiding van oorbeweiding

Vraag

Ek het ’n plaas net anderkant Bronkhorstspruit. Van die kampe is vol taaipolle. Die skape en beeste eet al die gras rondom die polle. Ek is nie ’n kenner van gras nie maar ek dink nie ’n boer wil dit in sy kampe hê nie. Wat is die vinnigste en goedkoopste manier om van die polle ontslae te raak. gfmans@global.co.za

Antwoord

Ek is terug met ‘n positiewe identifikasie van jou probleemgras: Dit is Eragrostis plana (“tough love grass”) wat ‘n aanduier kan wees van oorbeweide veld. Dit verkies ook versteurde areas.

Dit is ‘n swak weidingsgras, maar is nogtans waardevol in dorre gebiede omdat dit neig om tot laat in herfs groen te bly.

Wat beheer daarvan betref, is daar nie ‘n ideale oplossing nie want selektiewe beheer daarvan tussen beter soorte grasse sal nie moontlik wees met onkruiddoders nie – daar is nie ooglopend onkruiddoders wat tussen dit en ander grasse kan onderskei nie. Sekerlik sal weidingbestuur die beste oplossing wees, en wel enige praktyk wat sal toelaat dat meer gewenste grasse gevestig raak, dermate dat dit uiteindelik die probleemgras kan domineer en as’t ware versmoor – sal waarskynlik lank neem om hierdie situasie te bereik.

* Geskryf deur prof. Charlie Reinhardt


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X