Grond Guru

Chemiese samestelling van goeie grond

Vraag

Hoe lyk die chemiese samestelling van 'n goed geballanseerde grond? Makro en Mikro elemente! Dankie Henk du Plessis

Antwoord

Hoe lyk ’n ideale grond? Oor dié onderwerp is al verskeie wetenskaplike publikasies geskryf. Ongelukkig is dit egter nie so eenvoudig om net ’n grond te bestel nie en ons moet werk met wat ons het. Net so is daar ook nie so iets soos ’n dooie grond nie, net ’n grond met probleme wat reggestel kan word.

Ek gaan probeer om jou eerste vraag baie eenvoudig met ’n tabel te beantwoord. Die tabel is goedgunstelik deur prof. Jan Lambrechts (US) verskaf en sluit die norme in soos bepaal deur jarelange navorsing deur Infruitec. Van die eenhede mag vir die algemene publiek vreemd wees, maar dit is wetenskaplik korrek.

Chemies ideale grond
Die norme wat algemeen aanvaar word as aanduidend van ‘n ideale grondtoestand word in die volgende tabel uiteengesit. In gevalle waar Infruitec-norme verskil, word dit tussen hakies aangedui.  (Klik op die tabel hieronder om dit te vergroot.)

chemiese-samestelling-van-grond-tabel

1           Ca, Mg, K en Na uitgedruk in me 100 g-1 of cmolc kg-1 grond.

2           Uitgedruk as ‘n persentasie van som basisse (Ca+Mg+Na+K) by gronde met ‘n pHKCl van 5.0 of as ‘n persentasie van katioonuitruilvermoë bepaal by grond-pH met ‘n ongebufferde ekstraheermiddel.

3           As grond natuurlike of toegediende vry kalk en/of gips bevat, of brak is, moet K-konsentrasie norme gebruik word.

* Geskryf deur dr. Eduard Hofmann, voorsitter: Grondkunde, Universiteit Stellenbosch.


Kommentaar

Kommentaar (4) “Chemiese samestelling van goeie grond

  1. Chris
    Chris

    Dag Prof, ek sal graag hierdie tabel wil sien maar kry hom nie oop op die webwerf nie, kan u asb dit vin my epos.
    Wardeer die moeite wat julle doen, baie dankie.
    Chris

  2. Jan Bezuidenhout

    Chris, Die tabel is aangestuur. Groete

  3. LAETITIA PRETORIUS
    LAETITIA PRETORIUS

    Hi Prof

    Ek wil graag weet of berg gruis enige vrugbaarheid bevat?

    • Jan Bezuidenhout

      Leatitia, Jy sal die gruis moet laat toets om dit vas te stel.
      Groete


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X