Grond Guru

Benut bloekoms se hout en blare

Vraag

Hi, ons boer teen 'n voet van 'n berg. Die bloekoms oor die berg gebruik nie net omtrent al ons reënwater nie, maar beperk die groei van die fynbos. Ons saag die bome af en slaan sommer stompies in die winter, maar wat ek wil weet is, daar is 'n massiewe klomp blare en takke wat ek in skerwe wil versnipper (chip) vir kompos of net as deklaag op die bankie gebruik. Sal dit die ph van die grond beinvloed? En as ek die takke deur `n chipper sit, sal dit die sade stukkend slaan of sal ek dit moet uithaal uit die snippers, indien dit moontlik is?

Antwoord

Die snippers van die afvalhout kan net so op die wingerdbankies gebruik word. As die boer dit as kompos wil gebruik, moet dit vir ten minste ’n jaar gelos word om te komposteer met die nodige byvoeg van kalk en kunsmis. Gebruik 1 kg landboukalk, 1 kg stikstof kunsmis en 500 g Superfosfaat per 1 kubieke meter kompos. Kunsmis moet goed met materiaalreste vermeng word. Die gekomposteerde mengsel kan dan in boorde op die bankie toegedien word. Sade in die plantreste behoort nie ’n probleem te wees nie.

Geskryf deur dr. Eduard Hoffman, hoof van die departement grondkunde aan die Universiteit van Stellenbosch.


Kommentaar

Kommentaar (2) “Benut bloekoms se hout en blare

  1. Juhlene Moller
    Juhlene Moller

    Dankie! hierdie is ‘n relevante en nuttige vraag en antwoord vir ons ook rakende ‘n klein eiendom in die Overberg. Ek wonder ook reeds n geruime tyd oor die volgende: dat skape soms die bas onderaan bloekombome afkou sover as wat hul kan bykom. Is daar enige nuttige voedselwarde in die bas waarna hul opsoek is? Is dit bloot lekkerbeikkigheid? Of dui dit op oorbeweidng en dors or iets dier voegliks? Ek besef ook dat hierdie ‘bloekom-vraag’ dalk eerder ‘n vraag is wat ek aan ‘n veekundige behoort te vra en sal aanvaar as u dit of my verwys. Nietemin ook interessant om te weet hoe nuttig bloekomsoorte oor die algemeen is in terme van kompostering. Dankie voorlopig!

  2. Nan Steyn
    Nan Steyn

    Ek was behulpsaam met die versorging van rose op ‘n Olyflandgoed in die Swellendam/Ashton omgewing en het bloekomhoutsnippers met blare by, rondom die rose gegooi as ‘n deklaag. Die rose het hulle gereelde voedings gekry, genoeg water en het uitstekend gegroei en geblom. Ek weet nie of dit ter sake is nie, maar daar was ook baie min siekte en insekprobleme, (miskien oorblywende vlugtige olies?)


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X