Wanneer moet ‘n boer halt roep?
Vraag
Ons het 'n plaas maar dit is ‘n plaas met baie min water. Met die droogtes en ons klimaat wat so verander het, is dit amper onmoontlik om kos vir die diere te gee en ons geld raak nou op. Het iemand dalk 'n plan om die boerdery so te verander dat mens weer kan groei en 'n omset kan kry. Dalk nuwe tegnieke en maatskappye wat finansierings vir so 'n ontwikkelling doen?Antwoord
Jou probleem is meer kompleks as wat werklik hier beantwoord kan word. Jy moet kundige advies kry om jou probleem te help oplos. Om meer agtergrond van die kompleksiteit van jou vraag te kry kan jy by http://www.computus.co.za/landbou.html die volgende artikel opsoek: Wanneer moet ‘n boer halt roep? Dit sal jou help om vas te stel waar jou probleem lê en hoe om dit te benader.
* Geskryf deur dr. Philip Theunissen, landbou-ekonoom en forensiese rekenmeester van Computus, Bethlehem.
26 Oktober 2017
Lewer kommentaar
Slegs in Afrikaans