Finansies

Wanneer is geld leen die antwoord vir kontantvloeiprobleme?

Vraag

Ek het so drie jaar terug 'n plaas van sowat 900ha in Namakwaland vir R1,6m kontant gekoop. Die droogte begin nou kwaai druk en alle spaargeldjies is lankal op. Ek het my skape minder gemaak om kostes van voeraankope te verlaag en het tans maar so 60 skape. My vrou se onderwyssalaris ondersteun ons tot dusver. Kan ek 'n verband teen my grond neem? Ek het ook nog voertuigskuld en ander lenings. Ek wil die verband ook gebruik om nog vee aan te koop en met presisieboerdery te begin.

Antwoord

Boerderye ondervind soms ‘n tekort aan kontant en die boer kom dit eers agter wanneer hy nie sy onmiddelike verpligtinge kan nakom nie.  Dit kan die gevolg van ‘n korttermyn probleem wees soos ‘n eenmalige swak oes maar dit kan ook voortspruit uit ‘n ernstige onderliggende probleem binne die boerdery wat die kontantreserwe oor die lang termyn gaan affekteer.  Die boer moet homself dadelik die volgende vrae afvra:

  • Het die tekort aan kontant die potensiaal om die boerdery se ondergang te veroorsaak?
  • Gaan die huidige tekort aan kontant voortduur of gaan dit binnekort herstel?
  • As dit gaan voortduur, hoe ernstig gaan die tekort aan kontant wees?
  • Wat is die oorsake van die tekort aan kontant?
  • Watter stappe kan geneem word om die probleem reg te stel?

Boerderye met ‘n hoë solvabiliteit kan gewoonlik ‘n tydelike kontanttekort weerstaan omdat daar bates is wat te gelde gemaak kan word of omdat bedryfskapitaal teen die sekuriteit van vaste bates geleen kan word. In jou geval kan dit dus wees dat jy jou onmiddelike kontantvloei met ‘n verband op die grond kan regstel, mits dit sal help om die boerdery op ‘n herstelpad te plaas.

* Geskryf deur dr. Philip Theunissen, landbou-ekonoom en forensiese rekenmeester van Computus, Bethlehem.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X