Finansies

Waar begin ek leer van gewasboerdery?

Vraag

Is daar 'n boek wat jy kan aanbeveel wat my die basiese aspekte van gewasboerdery kan verduidelik? Ek het nog nooit geboer nie, nog nie eers 'n trekker bestuur nie en ek ken nie die verskil tussen 'n ploeg en 'n planter nie. Ek wil graag leer. Ek weet daar is nie so iets soos boer uit 'n boek uit nie maar ek het nie op 'n plaas grootgeword nie en het niemand wat my kan wys nie. So ek moet maar self leer.

Antwoord

Moet nooit ophou droom nie en moet nooit ophou lees oor boerdery nie. Napoleon Hill het gesê: ”Whatever the mind can conceive and believe, it can achieve”. Daar is baie boeke oor gewasboerdery beskikbaar.

Ongelukkig sê jy nie watter gewasse jy in belangstel nie. Begin by Graan SA. Gaan kyk op hulle webwerf by www.graansa.co.za. Daar is ook baie saadmaatskappye wat produksiehandleidings op hulle webwerwe beskikbaar het.

Die groot dam van inligting is egter die Amerikaanse universiteite. Omtrent almal van hulle het voorligtingsdiens wat handleidings beskikbaar het. Tik die spesifieke gewas op ‘n soekenjin in. Jy sal kry waarna jy soek.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X