Finansies

Vleis per hektaar?

Vraag

Is daar al n wetenskaplike studie gedoen, met verskillende beesrasse, wat bepaal watter ras die beste opbrengs gee vir vleis /ha?

Antwoord

Nee daar is nie, en al sou daar wees, is die resultate nie betroubaar nie. Elke ras word vir sekere eienskappe geteel en wat op een plek die beste vleis/ha gee gaan nie noodwendig op ‘n ander plek die beste vleis/ha gee nie. Dit gaan ook oor markvoorkeure, vrugbaarheid en groeivermoë op die spesifieke veldtipe, ens, ens. Die beste bees om mee te boer is die een waarvoor jy ‘n passie het. Daardie ras outomaties ook die beste vleis/ha op jou plaas gee want jy gaan vir daardie beeste omgee.

* Geskryf deur dr. Philip Theunissen, Computus, Bethlehem

7 Augustus 2017


Kommentaar

Kommentaar (2) “Vleis per hektaar?

  1. Jaco Kriek
    Jaco Kriek

    Vleis per ha kom weer terug na die hoof doelwit van vee: VRUGBAARHEID.
    Vleis per ha moet uitgewerk word deur te kyk na KG vleis gespeen per kg koei per ha.
    Voorbeeld:
    Kom ons gestel jy het 500ha in die kalahari en jy het ‘n kudde van 20 koeie.
    (a) 20 Ngunis teen 380kg elk
    Hulle speen 18 kallers teen 180kg elk. Dus: (18x180kg) deel deur (380kg x 20) deel deur 500ha = 0.00085
    (b) 20 groot raam koeie wat nie goed doen in die kalahari (ter illustrasie) (500kg koeie)
    Hulle speen slegs 12 kallers maar teen 240kg elk. Dus (12 x 240kg) deel deur (500kg x 20) deel deur 500ha = 0.00057

    Die deel faktor van jou hektare het eintlik nie ‘n impak op die som nie, want dit kom neer op jou kg per kg koei gespeen. En dit verhoog dramaties met vrugbaarheid. Kyk dus na watter ras is die vrugbaarste in jou omstandighede, en boer daarmee.

  2. Louw
    Louw

    Ek dink dit was Edwin Claassen wat gesê het nadat iemand hom gevra het wat is die beste beesras om mee te boer,boer met die bees waarvoor jy n passie het.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X