Finansies

Opkomende boer vra raad

Vraag

Dr. Theunissen, ek het vier hektaar grond wat skoon gemaak en naby die Kango Grotte geleë is. Ek wil weet waarmee ’n mens kan boer wat winsgewend is, en as ’n opkomendeboer, waar kan ’n mens vir hulp aan klop. Baie dankie.

Antwoord

Dit is ‘n uiters moeilike vraag om te beantwoord. Vier hektaar is baie klein. So jy sal na iets intensief moet kyk waarmee jy heelwat volume produksie op ‘n klein area kan produseer. Tweedens gaan dit baie afhang van die klimaat van die area en hoeveel water jy beskikbaar het. As jy kan besproei kan jy baie op vier hektaar doen. Sonder water sal jy op natuurlike reënval moet kan staatmaak.

Ek is nie vertroud met die omgewing nie, maar volgens my algemene kennis is dit droog en warm. Dit beperk weer eens jou opsies. Ek is seker daar moet landbou-instansies in daardie opgewing wees wat vir jou ’n behoorlike besigheidsplan sal kan help opstel en vir jou die beste opsies kan help uitwerk. Ongelukkig kan ek nie veel meer raad as dit gee nie.

* Geskryf deur dr. Philip Theunissen van Computus Bestuursburo, Bethlehem.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X