Finansies

Kan jy op een hektaar met skaap begin boer?

Vraag

Ek wil weet of dit die moeite werd is om met ’n paar skape te begin boer op een ha grond, waarna ek die boerdery kan uitbrei. Ek is van Johannesburg, maar wil bitter graag boer.

Antwoord

Een hektaar is werklik baie klein om op te boer, maar terselfdertyd wil ek jou nie laat ophou droom nie. Op een ha sal jy baie intensief moet boer wat jou insetkoste baie duur gaan maak, want jy sal al jou voer moet inkoop. Al raad wat ek vir jou het is om te bly droom en om geleenthede raak te sien. Lees intussen alles waarop jy jou hande kan lê oor skaapboerdery, dierevoeding en weiding. Dis maar wat ek gedoen het toe ek op die 27ste vloer van die Suid-Afrikaanse Landbou Unie se gebou in Pretoria gewerk het. En ja, my droom het later waar geword!

* Geskryf deur dr. Philip Theunissen van Computus Bestuursburo, Bethlehem.


Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X