Finansies

Is ‘n pilmasjien kostedoeltreffend vir ‘n skaapvoerkraal?

Vraag

Is dit die koste werd om R80 000 vir ’n pilmasjoen te betaal om lam- en skaapvoer te pil? Dit is vir 400 ooie en 600 lammers. Ek het reeds die graan en ruvoer op die plaas. Sal dit die lammers se groei verbeter?

Antwoord

Daar is beslis ‘n besparing om self pille vir jou skape te maak. As jy jou eie graan en ruvoer kan gebruik, gaan jy nog meer kostes spaar. Die werklike besparing verskil egter noemenswaardig van wat graan- en voerpryse op enige stadium is.

Hoe groter die volume wat jy vir jou self produseer, hoe beter is die skaalvoordele. Ek vermoed ek weet wat die R80 000 pilmasjien se naam is. Dit kan ongeveer 500 kg per uur produseer wat heeltemal voldoende is vir ’n klein of medium skaapboerdery.

Jy moet egter ’n voermenger (van sowat R60 000) ook bykoop. Om die mengsel met ‘n graaf te meng en die pilmasjien met grawe toe voer is groot moeite en jy gaan nie deurlopend pille kan produseer nie.

Verder gaan jy ook gereeld die blok met gate met ’n handboor uitboor totdat jy die regte mengsel met die geskikste bindstof uitgewerk kry. (Wenk: molasse meel werk nie. Dit het te veel klonte) As jy dit eers regkry weet jy egter jou skape eet alles wat aan hulle voorgesit word, en kan hulle nie net die smaaklikste bestanddele uitsoek soos in die geval van ‘n meelrantsoen nie.

* Geskryf deur dr. Philip Theunissen van Computus Bestuursburo, Bethlehem.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X