Finansies

Herwaardasie van plase

Vraag

Ek werk as finansiële kontroleerder vir 'n Maatskappy in die Noord Kaap wat onder meer 15-20 plase besit. Tans is ek besig met Grond en geboue. Is daar moontlik iewers 'n plek wat ek kan lees oor herwaardasie van die eiendomme. Of indien meer kan ek enige raad kry rondom die saak.

Antwoord

Niks verhoed jou om jou eie waardasies vir rekeningkundige doeleindes te doen nie, maar in so ‘n groot opset sal dit die moeite werd wees om ‘n professionele waardeerder te kry om ‘n omvattende waardasie van die eiendomme te doen. Hulle sal geboue en plaasgrond afsonderlik waardeer of dan net die geboue vir jou kom waardeer. Dit gaan jou waarskynlik baie geld kos want hulle doen ‘n deeglike werk maar dan kan daar nie agterna dispute oor jou waardes wees nie. Ek is seker dat daar ten minste in Kimberley sulke waardeerders behoort te wees of selfs in Upington. Anders kan jy op die Professional Valuers Association se website by http://pva.co.za/ gaan kyk en met hulle kontak maak om ‘n waardeerder naby jou in die hande te kry.

* Geskryf deur dr. Philip Theunissen van Computus Bestuursburo, Bethlehem.

30 Mei 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X