Dierevoeding

Weimielies en sojabone as voer vir beeste

Vraag

As weimielies, in sagte saad, en sojabone in peulvorm langs mekaar geplant is, wat se voedingswaarde het dit vir beeste en kalwers? Kan hulle opblaas? Watter tipe grasmengsel kan ook geplant word? Die grond is kleigrond en in die Oos-Vrystaat.

Antwoord

Weimielies in sagte saadstadium 

Weimielies in die winter (harde saad) lewer goeie winterweiding, veral vir skape. In die sagte saad-stadium sal beeste hoofsaaklik die blare en sagter stingels wei en nie noodwendig die koppe of saad nie. Die voedingswaarde van die mieleplant sal dan vergelykbaar wees met bv. ‘n Voersorghum.

Sojabone in peulstadium 

Peulgewasse in ‘n jong blaarryke stadium het gewoonlik die grootste opblaas gevaar. In die peulstadium sal dit minder van ‘n probleem wees, maar die diere moet maar gereeld dopgehou word.

‘n Vergelykbare studie wat met Akkerbone gedoen en in die herfs bewei is, het goeie resultate gelewer, byvoorbeeld ‘n ruproteïn-inhoud van 15%.

Watter tipe grasmengsel kan geplant word? 

Daar is ‘n verskeidenheid: Eenjarige somerweiding kan byvoorbeeld Baster Babala en Dolichos of Voersorghum en Dolichos wees.

Daar is ook sukses met Oulandsgras plus Lusern in die koel, hoë reënvaldele gekry.

Vir winterweiding in dieselfde gebied (koel, hoë reënval) kan Hawer of Stoelrog plus Weiwieke oorweeg word.

Geskryf deur:

Prof. Chris Dannhauser

Weidingskonsulant & Selected Seed

chriswei@vodamail.co.za

Selfoon: 082 873 4736

19 Februarie 2018


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X