Dierevoeding

Rosyne as droogtevoeding

Vraag

Is dit veilig om rosyne te gee aan bees en skaap tydens die huidige droogte in die Noord-Kaap? Indien wel, moet dit saam met ander droë voer of lek gemeng word of kan dit op sy eie gegee word? Watter hoeveelheid per dier per dag kan gegee word?

Antwoord

So ‘n jaar of twee gelede was daar heelwat navrae oor die gebruik van rosyntjies in veevoer.  Voermol het toe ook ‘n paar monsters laat ontleed,  ongelukkig net van die afvalproduk nl. rosyntjies, doppe en stingels.

Die proteïen varieer vanaf 10% tot 14% en die energie vanaf 48% tot 56% TVV op ‘n soos gevoer basis.  Die tipiese vog is rondom 10%.

Rosyntjies kan dus as ‘n energiebron gebruik word.  Rosyntjies is veilig om te voer en diere kan redelik groot hoeveelhede gevoer word.  As riglyn tot 4kg/bees/dag en skape tot 500g/skaap/dag.

Rosyntjies is redelik laag in proteïen en moet in kombinasie met ‘n proteïenlek of proteïenbron gevoer word.

Aangeheg vind ook ‘n voorbeeld van ‘n mengsel.

Geskryf deur:

Ulrich Müller

Tegniese bestuurder

Pr.Sci.Nat:  400044/08

Sel:  +27 (0) 83 414 5928

Web:  www.voermol.co.za

ulrich.muller@tongaat.com

 19 Februarie 2018


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X