Dierevoeding

Rantsoene vir lammers en kalwers wat sojaboonplante, mielies en oulandsgras bevat

Vraag

Kan u asb vir my raad gee vir ‘n mengsel om lammers mee af te rond, ek het: Sojaboonbale (hele plant met blare en peule), Mielies, Oulandsgras bale Ook asb. produksielek vir speenkallers met bg. as beskikbaar

Antwoord

Die verhouding tussen peule en blare plus stingels van die sojaboonhooi  is onbekend.  Ons aanvaar ‘n verhouding van 40 % peule en 60 % plantmateriaal.

Bestanddeel Lamafrondrantsoen (kg) Speenkalfproduksielek (kg)
Sojaboonhooi 250
Mieliemeel 550 550
Voermol SS200 (V8592) 200
Voermol Dundeelekkonsentraat (V10737) 250
Voermol Rumevite 12P (V11994) 50
Sout 150
TOTAAL 1000 1000

 

Die aanbevole inname van die Speenkalfproduksielek sal bepaal word deur die kwaliteit van die weiding of ruvoer, kalfgewig en kondisie van die kalwers.  Die riglyn is 1 kg/kalf/dag.

Die voorstel is om die Oulandsgrasbale vir beeste in die winter te bêre.

Geskryf deur: Hendrik van Pletzen, Tegniese Bestuurder, Voermolvoere (hendrikvp@mweb.co.za)

www.voermol.co.za

7 Mei 2018

 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X