Dierevoeding

Vra 'n vraag

Voermol

Voermol se span tegniese bestuurders het meer as 65 jaar ondervinding in dierevoeding- en boerdery-spesifieke bestuurspraktyke om winsgewendheid te verseker en oplossings te vind vir probleme met veeboerdery op elke plaas.

  • Fasevoedingstelsel om lammers in voerkraal af te rond

    Wat is fasevoeding en hoe word die fasevoedingstelsel toegepas om lammers in 'n voerkraal af te rond? Kan die fasevoedingstelsel die wins in 'n voerkraal verhoog?
    • Boerbokboerdery in die Wes-Kaap

      Ek wil graag met boerbokke in die Wes-Kaap begin boer. Ek wil net by u weet of die bokke sal kan aanpas hier in die Kaap waar dit baie natter is as in die Noord-Kaap?
      • Byvoeding vir swak boklammers

        Ek het inheemse veldbokke wat onlangs gelam het. Twee van die jongooie se lammers is egter baie swak. Ek het gewonder of dit moontlik is om vir die lammers 'n soort byvoeding te gee, maar is bang dat die ooie hulle dan sal weggooi.
        • Groeitempo van Merinolammers

          Ons boer met Merino-wolskape in die Overberg. Ons gee kruipvoer vanaf twee weke ouderdom tot 90 dae ouderdom. Daarna voer ons mielies en SS200 as byvoeding. Die gespeende lammers wei op aangeplante lusern. Ons beplande verkoopouderdom is 8 maande, wanneer hulle vir die eerste keer geskeer word. Ons wil die lammers maandeliks weeg om seker te maak hulle groei korrek. Wat is die gemiddelde gewig wat ons kan verwag elke maand per lam?
          • Distansie tussen koggelramme en ooie

            Ek het die volgende stuk in een van die artikels oor koggelramme gelees: "Suksesvolle koggel vereis verder dat ooie vir 'n periode van minstens 28 dae, maar verkieslik 35 tot 56 dae van enige manlike diere (bv. ramme, koggelramme, ramlammers, bokramme, takbokke, ens.) geïsoleer word. Een kilometer is voorgestel as die minimum afstand vir isolasie om doeltreffend te wees. Die isolering moet volledig wees omdat ooie reageer op die sien, hoor en reuk van ramme. Die koggelrameffek kan misluk as…
            • Mielies met hominy chop vervang in ‘n volvoerrantsoen vir ramme

              Kan ek die mielies in 'n volvoerrantsoen vir stoetramme met hominy chop vervang?
              • Lammers op 3 dae speen en ooie weer laat paar

                As ek my lammers op 3 dae speen en hulle dan verder met die hand grootmaak, sal my ooie binne 'n maand weer vat sodat ek twee lammers in een jaar kry?
                • Byvoeding vir ligter kalwers wat op wintersveld loop

                  Ons wil al ons kalwers nou gelyk speen. Die bo 200 kg gaan ons voer. Watter byvoeding kan ons die ligter kalwers gee terwyl hulle op die veld loop, maar tog groei om dan later te voer? Dit moet baie ekonomies wees. Dankie vir u tyd.
                  • Maxiwol Readymix vs Konsentraat

                    Wat is die beste raad teen lewerslak sonder om melkproduksie te affekteer of dat daar enige melkontrekkingsperiode na toediening is? Werk 'n middel soos diatomiet as 'n voerbyvoegsel teen interne parasiete?
                    • Afronding van kalwers op aangeplante weiding

                      Ek wil graag weet wat sal speenkalwers die vinnigste laat groei op goeie kwaliteit weidings? Ek koop Bonsmarakalwers op 220 kg aan en wil hulle op ± 450 kg lewendig bemark. Ek wil 'n groeitempo van ten minste 1.3 kg per dag bereik. Is dit moontlik om hulle sonder te veel mielies te voer? Is daar enige melasseprodukte wat ek kan gebruik?

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X