Dierevoeding

Mieliekopmeel aanvulling

Vraag

Ek het kalwers wat bedags in ‘n 30 hektaar kamp loop a.g.v. luiperdprobleme. Ek het nou begin om kopmeel met ‘n mengsel van ‘n konsenstraat vir hulle te gooi. Ek het reeds ‘n paar maer koeie ook daar in gehad wat baie goed gedoen het. Kan ek daarmee voortgaan vir die kalwers? Het julle ‘n produk wat ek by die kopmeel kan gooi en in watse hoeveelhede meng ek dit? Ek kry die kopmeel in 40kg sakke. Ek boer in Limpopo Marnitz omgewing en dit is nou baie droog. Ek wil ook hoor wat sal die beste wees om nou vir my koeie te gooi. Ek het ‘n Foslek en Proteїen lek gegooi maar gedink en moet oorskakel na ‘n Produksielek.

Antwoord

 

U kan mieliekopmeel met sukses in afrondingsrantsoene gebruik.  Die mengverhouding vir verskillende klasse diere is soos volg:

 

Bestanddeel Speenkalwers (kg) Koeie (kg)
Mieliekopmeel 680 240
Voermol SB100 (V4498) 150 50
Procon 33 (V12701)  50
TOTAAL 880 290

 

Sodra die kalwers swaarder as 250-280 kg weeg, kan u oorskakel na dieselfde mengsel  wat vir koeie aanbeveel is.

In ‘n droogte met skaars weiding, stem ek saam dat ‘n Produksielek vir koeie met kalwers voorsien word.  Verskeie Produksielekke is beskikbaar soos bv. die klaargemengde Voermol Produksielek (V10108) of verskillende konsentrate om met mieliemeel en sout te meng.  Kontak u naaste Voermol Agent of Landbou-besigheid in die verband.

Geskryf deur: Hendrik van Pletzen, Tegniese Bestuurder, Voermol (hendrikvp@mweb.co.za)

23 Februarie 2018

 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X